TV Plus (Afrikaans)

eExtra Weekdae 20:30

@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE h Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (Openview 105) 04:05 o Saterdae eExtra 20:00

-

VERLEDE KEER

Dr. Ali het geheime vir dr. Nazli weggesteek, en dit het hom byna uitmekaar geskeur, en die dokters het ’n nuwe pasiënt, haar aanvaller en die persoon wat haar gered het behandel. Dinge het sleg gelyk vir dr. Ali soos sy hofsaak nadergekom het, Doruk het dr. Ali gehelp om sy man te staan, en Ismet was terug in die hospitaal.

IN DIÉ UITGAWE

Dr. Tanju moet ’n moeilike keuse maak, dr. Ali probeer sy bes om met dr. Nazli vrede te maak en aan te beweeg, en Beliz en dr. Ferman het ’n hewige argument. Drs. Doruk en Demir sit vas oor ’n pasiënt se behandelin­g, Ali kom tot ’n verpletter­ende besef, en Nazli en Ali sukkel om ’n nuwe begin te maak. Tanju besluit wie gaan die volgende chirurgie-hoofassist­ent wees, Beliz raak wraagsugti­g teenoor dr. Ferman, en Tanju en Ferman stamp koppe.

Dr. Nazli is broos en Açelya gaan uit haar pad om Nazli te help, dr. Ferman het te veel hooi op sy vurk, en sy verhouding met Beliz gaan agteruit wanneer hulle die toekoms bespreek. Dr. Ferda kry aanmoedigi­ng wanneer sy nie haarself as die hoof van die departemen­t kan sien nie, dr.

Ali help Ferda, en die span is opgewonde oor ’n pasiënt se herstel. Nazli konfrontee­r Ali omdat hy nie meer hartseer is nie, Ferman raak ontsteld wanneer Tanju en Beliz hom weer oor die hoof sien, en daar is verwarring ná ’n gerug dat Ali ’n nuwe meisie het.

Dr. Ali is laat vir werk en word deur dr. Ferman aangespree­k, Ali het empatie met ’n pasiënt, en Beliz oorreed Ferman om ’n ingewikkel­de operasie te doen. Ezo veroorsaak moeilikhei­d in Ali se lewe, en Ferman voel soos die eensaamste mens op die planeet wanneer hy verraai voel deur dr. Tanju, Ali en veral Beliz.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa