TV Plus (Afrikaans)

eExtra Weekdae 21:30

@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE h Weekdae eExtra (DStv *195) 02:40 o Sondae eExtra (DStv *195/Openview 105) 21:55

-

WAAROOR GAAN DIT?

Twee mans, Cihangir en Kaan, wat by geboorte omgeruil is, werk 25 jaar later saam wanneer hul paaie kruis om die waarheid oor hul lewe op te diep en dié van hul werklike families en hul bande met die misdaadorg­anisasie Die Binnekring.

IN DIÉ UITGAWE

’n Geheimsinn­ige video word na Kaan se tronksel gestuur met besonderhe­de oor die moord op sy pa 25 jaar gelede. Wie het die beeldmater­iaal gestuur en wat hulle van Kaan wil hê is ’n raaisel. Kaan stem in om saam met die polisie te werk, maar hy het voorwaarde­s, Ilhan kry ’n verrassing­sbesoek van ’n oud-werknemer wat sy ooreenkoms met die Qatari-familie bedreig, en Cemal en Bahar se planne word in werking gestel wanneer Humeyra instem om aan te sluit ter wille van Kaan en haar oorlede man.

Cihangir kom tot ’n skokkende besef oor sy identiteit, en Cihangir en Kaan ontmoet vir die eerste keer en gaan op ’n sending wat hul verlede kan ontrafel. Bahar se wantroue in

Cemal laat haar ’n bevel verontagsa­am, Cemal en Bahar beweeg nader aan Kaan, en Ilhan werf die hulp van die enigste een wat Iskender kan keer. Cihangir en Kaan werk deur hul planne, Cihangir begin onthou wat in sy verlede gebeur het, en Kaan soek na die waarheid agter sy gevangehou­ding. Iskender dreig Ilhan, en Kaan en Cihangir se soektog na Emrah neem hulle op ’n nostalgiet­og wat Cihangir ’n donker geheim oor Kaan laat onthou. Die soektog na die kelner gaan voort, Cihangir het nóg ’n sessie met Halit noudat hy begin onthou, en Mujde probeer haar pa beïndruk. Dis ’n spanningsv­olle kat-en-muisspelet­jie om die kelner te vang wanneer The Tailor nader aan die kelner kom, en Irem raak desperaat om uit te vind wat met Cihangir aangaan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa