TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 19:00

@ETVSA @ETV @ETVONLINE Weekdae e.tv (*194) 19:00 h Weekdae e.tv 11:30 o Sondae e.tv 08:30

-

VERLEDE KEER

Keletso het die talentkomp­etisie by haar skool gewen, Soka het sy werk by Bra Carter se onwettige nuwe maatskappy bedank, en Ona was gedwing om aan die Jozi Fashion Week te onttrek.

IN DIÉ UITGAWE

Nkosi speel sy laaste kaart om Mampho en Shoki met mekaar te laat praat, die mode-intern Ona is ontsteld omdat sy nie haar rok by die modeweek kan vertoon nie, en Dorothy oorweeg om Molefe ’n tweede kans op die liefde te gee. ’n Vriend plaas Ona se rok op die sosiale media, Nkosi reël ’n etepartytj­ie wat net op ’n ramp kan uitloop, en Nomsa se kwaadwilli­ge idee boemerang.

Nambitha vier Ona se ondergang, Molefe en Dorothy maak vrede, en Nomsa probeer haar fout verdoesel, maar dis te laat. Intussen steek Faith Ona in die pad, maar Funani oorreed haar om die intern nóg ’n kans te gee, Mampho en Shoki bots tydens ete, en Sandile se visier is om die internkomp­etisie te wen. Ona word ’n laer rang gegee by die moderyk House Of Zwide en word aangesê om in die boetiek te werk, en Nambitha probeer Sandile oortref. Shoki probeer vrede maak met Mampho, ’n ongeluk bring twee vyande bymekaar, en Ona se eerste dag by House Of Zwide se boetiek verloop nie volgens plan nie en sy bedank uiteindeli­k.

Dorothy steek ’n verskrikli­ke geheim weg, Mampho word hospitaal toe gehaas, en Shoki se skuldgevoe­l dwing haar om eerlik te wees oor ’n onlangse voorval. Sandile begin aan homself en sy ontwerpvaa­rdighede twyfel, Mampho veg om haar lewe, en Nkosi en Shoki se verhouding word getoets. ’n Geheimsinn­ige vrou beweer sy is Ona se biologiese ma, Nkosi vermoed Shoki sit agter Mampho se besering, en Isaac word afgepers.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa