TV Plus (Afrikaans)

eExtra Weekdae 19:30

@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE h Weekdae eExtra (Openview 108) 12:25

-

VERLEDE KEER

Ruya het uitgevind hoe wreed die wêreld werklik is, Cicek het gesukkel om afskeid te neem van haar vorige lewe, en Cemre was desperaat om vir ewig gelukkig te wees. Gunes het siek geword, en Celebi was vasberade om Cemre op te spoor, en Ruya het besluit om alles op die spel te plaas vir dit waarin sy geglo het.

IN DIÉ UITGAWE

Cemre gee ’n tree nader aan haar vryheid, Ali raak nuuskierig oor Tomris se dogter, en Kenan se laaste uitweg is om by Ruya se eie “ridder op die wit perd” te gaan kuier. Omer, Ozan, Ruya en Cemre span saam om Celebi en Iskender tot ’n val te bring. Het Celebi hulle een keer te veel onderskat, of gaan hy ook uit dié situasie kom? Cemre skuif haar trots opsy wanneer Ruya en Kenan om hulp kom vra, Celebi dink dis tyd dat hy vir Omer en Ozan ’n boodskap stuur, en Cemre en Ruya leer hoe dit voel om niks te hê nie.

Cicek doen alles in haar vermoë om Ali te red, en Tomris en Cicek offer Bulent op om hul geliefdes te beskerm. Ruya ontdek sy kan nie vir altyd haar gevoelens wegsteek nie, Omer se poging om Ozan te help eis byna sy lewe, en Tomris en Cicek gaan tot die uiterste om van Bulent ontslae te raak. Nadat Iskender gesteek is, doen Ruya en Cicek moeite om die skuldige onskuldig te laat lyk en hulle laat iemand wat aan ander misdade skuldig is, aan die pen ry.

Cemre wag op haar lot, Atlas steek ’n vuur aan, en Bulent vertel Ali uiteindeli­k waaraan hy dink en dit laat Ali met meer vrae as ooit. Cemre kry die verslag oor haar geestesges­ondheid van die hospitaal, Ozan gaan tot die uiterste om ’n lening te kry, en Ali kom nader aan die waarheid. Celebi het Cemre waar hy haar wil hê, Cicek kry

Ali, en Cemre wil ontsnap

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa