TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 20:30

@ETVSA @ETV @ETVONLINE r Weekdae e.tv (*194) 17:00 o Saterdae e.tv (*194) 12:25

-

VERLEDE KEER

Esther en Makwande het opgebreek op nadat haar beste vriendin Millicent foto’s geneem het met ’n bedwelmde Makwande in die bed, Zakwe het sy vastrapple­k in die weeshuis gevind, en Msizi het sy huwelik met Lillian weer aangewakke­r.

IN DIÉ UITGAWE

’n Polisieman daag met verpletter­ende nuus by Lillian se huis op, Esther verlaat die musiekgroe­p nadat hulle haar verraai, en Gabriel ontdek skokkende inligting oor pastoor Abiola. Lillian soek antwoorde oor Msizi se raaiselagt­ige dood, Abednego se paaie kruis met ’n gevaarlike dwelmhande­laar, en Esther keer terug na die ateljee om haar musiekloop­baan te laat herleef. Abednego verdwyn, Mary manipuleer Esther om op ’n afspraak saam met die sjarmante politikus Mncedisi te gaan, en Millicent red die taverne van sluiting. Gabriel jaag teen tyd om Abednego te vind, en die naïewe Voice Of Grace-groep word deur ’n man se leuens gevang. Msizi word begrawe, Lillian en Millicent sukkel met hul hartseer, en Gabriel vind Abednego, maar dis dalk te laat om hom te red.

Esther en Millicent maak vrede op Msizi se begrafnis, die musiekgroe­p kry ’n verrassing, en Gabriel se optrede laat onopsetlik Ayo in die moeilikhei­d beland. Esther bied Millicent ’n skouer om op te huil, Abednego bekook ’n plan om wraak te neem teen sy vyand, en Gabriel gaan onder die dekmantel in sy vyand se pakhuis en kry bewyse. Mary is nie beïndruk wanneer sy Esther se nuwe liedjie hoor nie, Lillian staan haar man teen ’n boelie, en Gabriel en sy bullebakke word in die kruisvuur vasgevang tydens hul rooftog. Mncedisi eindig sy affair met Mary nadat hy verlief raak op haar dogter, Esther.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa