TV Plus (Afrikaans)

eExtra Sondae 19:30

@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE o Sondae eExtra (Openview 105) 19:30

-

VERLEDE KEER

Kerem het al hoe nader gekom om Meral te red wat Yakup desperaat gemaak het, Kadir het van aangesig tot aangesig gekom met Cansiz, en Meral moes in die hospitaal die nasleep van die ontvoering deur Yakup verwerk. Kadir is gevange gehou, Zeynep, Veli en Asiye het probeer om Cansiz se identiteit vir Kadir weg te steek, maar dit het uiteindeli­k op die lappe gekom wat

Kadir boos gemaak het. Cemre het Demir en Belma van haar plan vertel, Meral het Yakup ’n afskeid gegee wat hy nie sommer sal vergeet nie, en Cansiz het druk op Veli geplaas. Meral het probeer om haar spore dood te vee, Cemre het vir Kerem ’n verrassing gegee, en Kadir het verpletter­ende nuus gekry.

IN DIÉ UITGAWE

Cemre ontmoet iemand wat moontlik haar pa is, ’n dooiepunt tussen Cansiz, Veli en Kadir kan ’n onskuldige mens se lewe in gevaar stel, en Kadir is in algehele ontkenning oor Asiye se dood. En hy sal dit moet oorkom om Zeynep van Cansiz te red voor dit te laat is.

Tyd is ’n belangrike faktor wanneer Kerem hom haas om Cemre te soek en Kadir vir Zeynep probeer vind, en Zeynep, wat reeds haar lot aanvaar het, rig ’n laaste versoek tot Cemre.

Wanneer Cemre se lewe bedreig word, sukkel Kerem met die gedagte om Cemre te verloor. Kadir en Veli skarrel om Zeynep te red, terwyl Cansiz Kadir tart met die waarheid oor sy identiteit.

Met geen hulp in sig nie, berei Zeynep voor vir die einde van haar lewe, en die aftelling haal nul. Zeynep is dalk met ’n bombaadjie vir die dood geklee, maar hoewel Cansiz buite die radius van die ontploffin­g is, voel hy steeds die hittegolf.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa