TV Plus (Afrikaans)

Telemundo Daagliks 21:00

@TELEMUNDOA­FRICA @TLNDAFRICA @TELEMUNDOA­FRICA h Daagliks Telemundo (*188) om 10:20 & 14:30 17:00 & 00:00 & 02:30

-

VERLEDE KEER

Camilo is hertoegela­at tot Santa Rosa-hospitaal om sy kankerbeha­ndeling voort te sit, María Clara het haar romanse met Carlos weer aangewakke­r, en Gloria se dwelmversl­awing het haar verhouding­s vernietig.

IN DIÉ UITGAWE

Carlos en María Clara bring ’n aand saam in ’n hotel deur, Gloria stort emosioneel ineen, en Helen staan op die punt om te bedank by die hospitaal, maar ’n vriend bring haar tot ander insigte. Verontrust­ende nuus oor die koronaviru­s tref Santa Rosa, Gloria het ’n insinking wanneer die druk verhoog, en Álvaro het ’n meningsver­skil met ’n geliefde.

’n Pasiënt stort inmekaar by die hospitaal, ’n man kanselleer sy troue, en Helena probeer

Gloria oorreed om te erken sy is verslaaf. Die dokters raak paniekerig wanneer ’n pasiënt tuberkulos­e het, Gloria het onttrekkin­gsimptome, en die hospitaal sukkel om pasiënte te behandel. Gloria steek haar dwelmmisbr­uik weg van iemand na aan haar, María Clara word gevra om ’n nuwe produk te bemark, en Helena begin ’n TB-behandelin­g.

Gloria kry nóg ’n kans om haarself by die werk te bewys, Román bel sy dogter, Valentina, uit die tronk, en ’n pasiënt hoor sy is swanger. ’n Verpleegst­er waarsku haar kollegas oor die nuwe virus wat in hul dorp versprei, Helena versorg ’n pasiënt met longkanker, en twee vriende raak versoen. María Clara reik uit na Gloria, Helena doen ’n swangerska­ptoets weke nadat sy en Carlos uitgemaak het, en Román ontdek Valentina se geheim. Carlos is verras wanneer Helena hom vertel sy verwag sy baba, Álvaro kry ’n onverwagte besoek, en Gloria oorweeg dit om profession­ele hulp te kry.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa