TV Plus (Afrikaans)

M-Net Ma.-Do. 19:00

@MNET @MNET @MNETTV h Do.-Vr. M-Net (*101) 10:00 o Saterdae M-Net 09:00

-

VERLEDE KEER

Willem en Charmaine het getrou en Willem het uitgevind sy nuwe vrou het hom met sy seun, Stefan, verkul, en Angelique het haar aanval op Legacy beplan.

IN DIÉ UITGAWE

Willem en Charmaine dryf reeds uitmekaar, ’n vergaderin­g met Robbie verander iemand se planne dramaties, en Willem is verdrietig en praat met die gees van sy oorlede vrou met die hoop sy sal hom lei. Petra se ondersoek gee Stefan ’n rede om depressief te wees, Angelique stuur haar trawante om Legacy te infiltreer en sy het Sanele as die swakste skakel gekies, en Robbie is onbewus daarvan iemand krap in sy sake. Willem maak dit duidelik Stefan is nie welkom by sy huis nie, en Gordon vorm ’n band met Robbie.

Willem het verdwyn en Charmaine probeer Petra se nuuskierig­heid stopsit, Liz en Sanele speel met vuur wanneer hulle vir Angelique lieg oor haar spioen by Legacy, en Petra sit een en een bymekaar en besef iets groots het tussen haar pa en Charmaine gebeur. Robbie raak verlief op die verkeerde persoon, Angelique is boos vir Sanele en laat hom dit duidelik verstaan, en Petra is vasberade om haar pa te vind. Gordon en Sanele kyk vanaf die kantlyn toe wanneer twee rampspoedi­ge minnaars ’n band vorm, Stefan verdrink sy sorge en Sims probeer hom troos sonder dat hy al die besonderhe­de van die situasie ken. Robbie ignoreer Gordon se wyse woorde, en Stefan lieg vir Petra oor wat met hom, Charmaine en sy pa aangaan. Robbie begin sy pligte versuim en dit maak Gordon vies, en Magda daag op om haar broer Willem te help om sin te maak van wat in sy nuwe huwelik aangaan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa