TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 21:30

@ETVSA @ETV @ETVONLINE Daar is tans geen herhalings of ’n omnibus nie.

-

VERLEDE KEER

Nomsa se familie het rondom haar vergader toe sy in die verleenthe­id gestel is deur iemand wat sy vertrou het, Mam Rebs het haar katelknaap Junior vertel sy het hom lief, en dit het gelyk asof Khaya se drome vervaag.

IN DIÉ UITGAWE

Nomsa kom tot ’n ontstellen­de besef oor haar seun, Khaya, wanneer dit lyk asof hy sy baas Mam Rebs bo haar verkies, en Nandi het dagdrome oor haar nuwe romanse met Khaya, onbewus daarvan hy werk by The Black Door-bordeel. Khaya loop Nomsa se afskeid mis voor sy hospitaal toe gaan vir ’n operasie, en Mam Rebs betrap byna haar minnaar wat haar verkul. Khaya onttrek stilletjie­s al sy geld om Nomsa se hospitaal- en doktersrek­eninge te betaal, en Romeo kan nie sy opgewonden­heid wegsteek oor die ontkleepar­tytjie nie. Velaphi moet sy trots sluk en teruggaan skool toe, en Mam Rebs sien Junior flankeer. Twee van The Black Door se sekswerker­s is in ’n belaglike twis gewikkel en bereik ’n nuwe laagtepunt. Thenjiwe is onbewus van sommige goed wat rondom haar gebeur, en Nomsa is nie gelukkig wanneer sy sien Khaya soen Nandi nie. Junior besef hy het ’n yslike fout begaan en hy probeer dinge met sy liefie uitstryk voor Mam

Rebs uitvind, en Khaya se nuwe swanger kliënt begin kraam en Khaya raak paniekerig. Nkanyiso laat Junior duidelik verstaan om Mam Rebs te verkul is die ergste ding wat hy kan doen, en Khaya probeer Nandi verras met ’n geskenk, maar sy is agterdogti­g. Khaya neem ’n slegte besluit en verbreek Mam Rebs se eerste reël: Kliënte moenie gesoen word nie. Boniswa is verras deur Nkanyiso se beskuldigi­ngs van Junior, en Khaya vind uit waarom Nandi nie by hom wil slaap nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa