TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

Dr. Uys (Gerald Steyn) het uiteindeli­k tot sy sinne gekom en besef hy hou van verpleegst­er Gaby (Maude Sandham) wat eintlik van die begin af haar oog op die aantreklik­e rooikop gehad het. “Uys wou nie destyds byt nie en Gaby moes aanvaar ’n verhouding was nie vir hulle bedoel nie, en sy het aanbeweeg,” vertel Maude. Die vraag is: Is haar gevoel vir hom nou geblus, of kan Uys weer die vuur aanblaas? Dit lyk nogal so . . . met ’n bietjie hulp.

Op Gaby en Uys se eerste afspraak is dinge effens ongemkalik. “Uys probeer alles so romanties moontlik maak, maar Gaby voel net nie die vlinders of die

spark nie,” sê Maude. In ’n desperate poging om dinge nie op te mors nie, reik Uys uit na Rian (Erik Holm) met wie Gaby goeie vriende is. Rian het gevoelens vir Gaby, maar hy besef dit nog nie, en al sou hy dit besef sal hy stilbly daaroor om nie hul vriendskap in gevaar te stel nie, dus stem hy in om Uys te help.

“Gaby en Uys se tweede afspraak verloop aansienlik beter (met Rian se hulp!),” sê Maude. “Wat Uys presies doen, mag ek nie verklap nie, maar Gaby is vinnig besig om van vooraf verlief te raak.”

Nie lank daarna nie is Gaby in die wolke en tot oor haar ore verlief, maar dit krap aan Rian om Gaby so gelukkig te sien. Uys wil dinge amptelik maak en vra Gaby uiteindeli­k om sy meisie te wees. “Gaby wil met haar hele hart ja sê, maar of dit gaan gebeur, mag ek ook nie nou verklap nie. Gaby het boonop geen idee van Rian se betrokkenh­eid nie en dinge kan dalk verander wanneer sy daarvan uitvind. Baie liefde en hartseer wag nog op die drie,” sê Maude. Lees meer op ble 28 en 29.

 ?? ?? Gaby het geen idee Rian (inlas) trek agter haar rug toutjies om Uys te help nie.
Gaby het geen idee Rian (inlas) trek agter haar rug toutjies om Uys te help nie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa