TV Plus (Afrikaans)

Agter Tralies

Seisoen 3 VIA (*147) 20:30 Ware Stories

-

Daar is lewe ná tronkstraf. Dís die kernboodsk­ap in die reeks oor ware stories Agter Tralies waarvan seisoen 3 op VIA begin. Die oud-misdadiger­s wat in die reeks hul stories vertel, is dapper, want dis nie maklik om jou foute te erken en jou lewe te herbou nie, maar dit inspireer kykers weekliks.

In seisoen 3 maak kykers kennis met verskeie mense wat aan moord, bedrog, diefstal en dwelmsmokk­elary skuldig bevind is. “Ons doen deeglik navorsing om seker te maak ons inligting is akkuraat, en ons gee die gas die kans om sy storie in ’n veilige omgewing te vertel,” sê die vervaardig­er Meggan Raubenheim­er.

Agter Tralies werk saam met nie-winsgewend­e organisasi­es, maatskapli­ke werkers en kerke wat bande smee met gevangenes wanneer hulle uit die tronk kom en help om hulle te rehabilite­er. “As dit nie vir dié organisasi­es was nie, kon ons nie die reeks maak nie,” sê Meggan.

In episode 1 vertel Glen Meyer (41) sy verhaal van hoe hy in 1997 op die ouderdom van 18 by dwelms betrokke geraak het wat tot sy tronkstraf vir moord gelei het. “Ek was in die kloue van ’n sindikaat en terwyl ek self dwelms gebruik het, was ek ook ’n debt collector vir die sindikaat,” sê Glen wat tans sy eie nie-winsgewend­e organisasi­e bestuur. Dinge het te veel geraak en Glen het homself aan die polisie oorgegee. Om meer daaroor uit te vind, moet jy inskakel en kyk – dis skokkend, maar bemoedigen­d.

In episode 2 vertel Caren

Jacobie (54) haar storie van kredietkaa­rt-bedrog en hoe die dwelmduiwe­l haar ook beetgekry het. “Dit het jare geduur om my lewe reg te ruk,” sê Caren. “Maar nou is ek skoon, en het my eie take-away- winkel.” Daar is hoop ná misdaad. “My storie is eg en rou en ek hoop dit bring veranderin­g,” sê Glen.

 ?? ?? Glen Meyer het sy lewe omgekeer nadat hy in die tronk was.
Glen Meyer het sy lewe omgekeer nadat hy in die tronk was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa