TV Plus (Afrikaans)

United States Of Al

Seisoen 2 M-Net (*101) 19:00 Komedie

-

Post-traumaties­e stresverst­euring (PTSV) is ’n baie werklike toestand waarmee soldate wêreldwyd worstel te wyte aan die afskuwelik­hede van oorlog wat op hulle afgedwing word. En dis ook ’n tema in die komedieree­ks United States Of Al, met Parker Young (Miles in die dramareeks A Million Little Things) as Riley, ’n mariniersv­eteraan van die VSA, en die Suid-Afrikaans gebore Adhir Kalyan (Timmy in die komedieree­ks Rules Of Engagement) as sy tolk Al. “Ons was versigtig om PTSV te behandel met die nodige respek wat dit verdien, want soldate gaan nie oorlog toe omdat hul lus het nie – dis hul plig,” sê Parker.

Die reeks se skeppers het die VSA se vereniging­s vir oorlogsvet­erane gekontak en gesels met ware mariniers wat aan PTSV ly – en dit was vir Parker ’n openbaring. “Wanneer jy aan PTSV dink, sien jy in jou gedagtes iemand wat skrik vir enige harde knal en dink hy’s terug in die oorlog. Maar dis meer gekomplise­erd – en die toestand kry op soveel verskillen­de maniere gestalte.” Adhir voeg by: “Ons het goeie insig gekry van ware PTSV-oorlewende­s wat jare ná hul tuiskoms steeds probleme het. Hulle sukkel om by die burgerlike lewe in te skakel weens hul PTSV wat meesal geïgnoreer word.”

Die karakters Riley en Al in die reeks ly albei aan die stresverst­euring en kom in die volgende twee weke tot ’n belangrike besef: “Jy moet aanvaar jy is nie wel nie en het hulp nodig,” sê Adhir. “Dit is die eerste tree tot herstel en behandelin­g – jy moet jou eie situasie aanvaar indien jy met jou demone wil afreken. Jy kan nie rondsit en met jou duime speel en hoop dit gaan toweragtig verdwyn nie . . . want dis nie hoe dit werk nie. Jy moet hulp kry indien jy wil herstel en dis nie maklik om dit te aanvaar nie.”

 ?? ?? Al (links) en Riley verberg hul spanning agter hul glimlag – hulle ly albei aan PTSV.
Al (links) en Riley verberg hul spanning agter hul glimlag – hulle ly albei aan PTSV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa