TV Plus (Afrikaans)

The Time Traveler’s Wife

Seisoen 1 M-Net (*101) 21:30 Drama

-

Rose Leslie weet hoe om optredes af te wissel – sy het die huiswerker Gwen Dawson in die periodedra­mareeks Downton Abbey, die wilde nomadiese kryger Ygritte in die fantasiere­eks Game Of Thrones en die prokureur Maia Rindell in die dramareeks The Good Fight gespeel. En in die fantasiedr­amareeks The Time Traveler’s Wife, roer sy die hartsnare as die liefdevoll­e vrou Clare wat haar man, Henry (Theo James, Sidney Parker in die periodedra­mareeks Sanditon) se tydspronge moet verwerk. “Ek dink nie ek sou so kalm daaroor gewees het soos my karakter nie,” sê die 35-jarige Skotse aktrise. “Ek hou daarvan om my man te kan sien . . .”

1 Sy’s sedert 2018 met haar medester in Game Of Thrones Kit Harrington (Jon Snow) getroud. Hulle het verlief geraak terwyl aan die reeks gewerk het, en hul seun is in Augustus 2021 gebore. Hulle hou sy naam privaat.

2 Rose is ook Kit se sober metgesel en sê sy het maande lank navorsing oor verslawing gedoen om hom met sy drinkery te help. “Dis iets waarvan Kit vir altyd bewus gaan wees, maar dit is sy keuse of hy weer gaan drink,” sê sy.

3Die aktrise is van die Skotse adelstand – haar pa is die hoofman van die familiesta­m Leslie in Aberdeensh­ire en haar ma is ’n afstammeli­ng van koning Charles II.

4 Sy het na Frankryk verhuis toe sy 10 was en praat vlot Frans.

5 Rose het al haar waagtoertj­ies in Game Of Thrones self gedoen. Sy vertel: “Die boogskiet-afrigters het my een les gegee. Ek het my eerste pyl middeldeur gebreek met my tweede en nie weer geoefen nie.” Lees bl. 12.

 ?? ?? Clare (links) se tydreisend­e man, Henry, “verlaat” haar dikwels.
Clare (links) se tydreisend­e man, Henry, “verlaat” haar dikwels.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa