TV Plus (Afrikaans)

Konings Van Kitskos

Seisoen 7 VIA (*147) 20:30 Leefstyl

-

Met die uitsending van hierdie seisoen kan ons weer saam met die boesemvrie­nde Alvin Bruinders (Sheridan in die sitkomreek­s Vetkoekpal­eis) en Gerhard Steyn, sanger van onder meer die treffer Baby Tjoklits, by verskeie restaurant­e en kitskossta­lletjies in Mpumalanga, Gauteng en die Vaaldrieho­ek kuier om bobaas-smulkos op die proef te stel.

“Ek en Alvin is al sowat twee dekades goeie vriende en die vriendskap word met elke seisoen net hegter en hegter. Ons is soos vinkel en koljander,” vertel Gerhard.

Dis altyd ’n plesier om na hierdie grapjasse te kyk, want hulle het soveel pret in die kombuis en hul interaksie voor die kamera is spesiaal. “Ek en Gerhard is al seepglad gesinchron­iseer,” vertel Alvin. “Ons leer mekaar met elke episode beter ken en lees mekaar al so goed en weet presies in watter rigting die ander een gaan. As hy dié kant toe met woorde en grappies gaan, dan weet ek presies waar om te volg, en andersom. Daar is geen vasgesteld­e teks nie.”

“Ek en Alvin het magic saam,” beaam Gerhard. “Ons kan soms ligsinnig wees maar kan ook diep wees en deel ons hartsgehei­me met mekaar. Ons stry wel dikwels voor die kameras, maar dit is wat mense ook wil sien. Die konflikhum­or is maar soos Laurel and Hardy en die TV-reeks Lethal Weapon. Ons kuier weg van die kameras en die stel ook lekker saam om ’n braaivleis­vuurtjie.”

Alvin sê die energievla­kke is met elke seisoen in die hoogste versnellin­g, en seisoen 7 is nie ’n uitsonderi­ng nie. “Met die nuwe seisoen is daar een insetsel minder in elke episode, maar dit gee ons meer tyd in die kombuis, asook vir lekker interaksie en grappe.” Want onthou, in elke episode skuif die twee manne ook agter die kospotte in om hul vernuf in die kombuis te wys.

 ?? ?? Alvin Bruinders (links) en Gerhard Steyn het ’n spesiale vriendskap­sband en soek saam na die beste kitskos.
Alvin Bruinders (links) en Gerhard Steyn het ’n spesiale vriendskap­sband en soek saam na die beste kitskos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa