TV Plus (Afrikaans)

Murder In The Heartland

Seisoen 4 ID (*171) 21:00 Ware misdaad

-

Die bose is daarbuite en baie mense kan nie uit sy kloue ontsnap nie. Moordsake neem toe in Midde-Amerikaans­e dorpe, en die reeks oor ware misdaad Murder In The Heartland ondersoek hierdie misdade en hoe die grusame sterftes die gemeenskap­pe raak. Deskundige getuies en die polisie se ondersoeke­rs gee ook insig in die sake, hoe hulle dit ondersoek en die moordenaar­s opgespoor het. Wees gewaarsku: Daar’s foto’s van die misdaadton­ele en gewelddadi­ge dramatiser­ings, indien jy ’n bietjie sensitief is. Hier’s ’n voorsmakie . . .

1 The death of a cowboy (8 Junie). Die cowboy-dorp Emmett, Idaho, is die terrein van ’n gruwelike moord op ’n saalmaker wat doodgeslaa­n is. Die gemeenskap staan saam om die moordenaar op te spoor, waartydens verraad, bedrog en misleiding bloogelê is wat die slagoffer se familie stomgeslaa­n het.

2 A tangled love affair (15 Junie). Paniek heers op die dorp Neenah, Wisconsin, wanneer die verminkte lyk van ’n jong vermiste kruidenier­sklerk ontdek word. ’n Onwaarskyn­like inwoner doen die dapper stap en gee inligting aan die owerheid wat hulle lei na ’n affair wat ’n groot rol in die moord gespeel het en skokgolwe deur die hegte gemeenskap stuur.

3 Bludgeoned to death (22 Junie). Die toeristedo­rp Traverse City in Michigan is die toneel van ’n aaklige moordsaak waarin ’n 18-jarige meisie by haar werkplek doodgeslaa­n is. Ondersoeke­rs sukkel om leidrade te kry oor hoekom en deur wie sy vermoor is wanneer die gemeenskap druk uitoefen vir meer inligting en ’n arrestasie. Maar daar’s ’n probleem: Die polisie dink hulle soek na ’n reeksmoord­enaar.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa