TV Plus (Afrikaans)

LA’s Finest

Seisoen 2 e.tv (*194) 22:00 Aksie

-

Speurder Ben Baines (Duane Martin) is op die oog af sy span by die LAPD se grapjas in die aksiereeks LA’s Finest. Agter sy lawwe grappe en sy lomp handdrukke is egter ’n man wat tot die uiterste sal gaan om sy kollegas en hul gemeenskap te beskerm. “Ben is die veteraan in die span. Hy het al baie as polisieman ervaar en gebruik humor om die uitdagings van sy werk te oorkom,” verduideli­k Duane. Soos seisoen 2 ontwikkel, stel Ben sy werk in gevaar om te keer dat sy kollega afgedank word en dit keer terug om by hom te spook.

1 Voordat Duane in 1990 begin toneelspee­l het, het hy basketbal gespeel by die New York-universite­it waar hy studeer het. Hy is in 1989 vir die beroepsbas­ketbalspan The New York Knickerboc­kers gekies, maar het drie maande later weens ’n besering uitgeval.

2 Die 56-jarige ster het basketbal egter nie heeltemal verlaat nie. Hy besit die sportbestu­ursagentsk­ap Impact Sports, waardeur hy toesig hou oor die loopbane van verskeie atlete. “Ek is al langer as 26 jaar ’n sportagent, en geniet dit om met die volgende geslag sportlui te werk,” sê Duane.

3 Hy is alombekend vir die rol van Robert in die komedieree­ks All Of Us, wat tussen 2003 en 2007 uitgesaai is. In die reeks is Duane se karakter geskoei op sy akteursvri­end

4 Will Smith (Will in die komedieree­ks The Fresh Prince Of Bel-Air van die 1990’s) se stryd as enkelpa. Duane is in 1996 met

5 Tisha Campbell (Carol in die komedieree­ks Last Man Standing) getroud, maar die paartjie is in 2020 geskei. Hulle het twee seuns, Xen (20) en Ezekiel (9).

 ?? ?? Duane se liefde vir basketbal word in sy karakter Ben se kleredrag weerspieël.
Duane se liefde vir basketbal word in sy karakter Ben se kleredrag weerspieël.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa