TV Plus (Afrikaans)

Vir dié rok sê ek beslis ja!

Amy Fox gee ons ’n binnekykie in haar groot dag saam met Say Yes To The Dress Dubai.

- Say Yes To The Dress Dubai Seisoen 1 Dinsdae op TLC (*135) om 20:00

Ó

f ons dagdroom oor Say Yes To The Dress, óf ons is leuenaars.

In my gedagtes staan ek op die bruidpodiu­m, in die mooiste tabberd. Die aanbieder draai my versigtig om sodat ek myself in die spieël kan sien en groot trane biggel oor my wange. Ek lyk soos ’n prinses! My vyande is stomgeslaa­n. My ma maak asof ek ’n Oscar gewen, met ’n dokter getrou en die lewe aan ’n president geskenk het. En ja, ek wys so ’n ietsie sexy aan die bokant wanneer ek op daardie podium draai. Êrens ver daarvandaa­n wonder my aanstaande waarom begin hy sweet . . .

Tot dusver is daardie droom vir baie van ons nie bewaarheid nie. Maar vir Amy Fox, ’n Suid-Afrikaanse deskundige oor gesondheid en fiksheid wat in Doebai woon, het dit gebeur. Amy en haar ma, Carmen, het die geleenthei­d aangegryp om deel te wees van die nuwe Say Yes To The Dress Dubai se seisoen 1. “Die program het my gekontak. Dit was nie iets waaroor ek moes dink nie – ek moes dit net doen! Ek en my ma kyk altyd Say Yes To The Dress saam. Dit sal altyd ’n spesiale program vir ons wees – veral noudat ons deel daarvan is!” sê Amy.

Sy het reeds haar trourok gehad teen die tyd wat die program gebel het, maar sy wou ’n tweede rok vir die onthaal hê. Sy het dus haar konsultasi­e met die program laat September 2021 gehad. Sedertdien koester sy ’n geheim. “Ons troue is vir 15 Oktober 2022 beplan. Die aftelling het amptelik weer begin nadat ons dit weens Covid moes uitstel,” verduideli­k sy. Amy het ons saam met haar gevolg “ingesmokke­l” en gee ons ’n kykie agter die skerms van haar Say Yeservarin­g . . .

JA, EK SAL

Hoe het jy vir jou episode voorberei? Ek was voor die tyd ’ n bietjie senuweeagt­ig. Ek het my ma saamgeneem en dit was die beste besluit, want sy hou nie haar gedagtes vir haarself nie!

Dit het gehelp om haar daar te hê vir ondersteun­ing en haar mening is baie belangrik vir my. Ek het nie enige verwagting­s gehad voor ek by die

program aangesluit het nie. Ek het net saam met die stroom gegaan. Voor my afspraak het ek die span ’n bietjie inligting oor my rok gegee sodat hulle my styl kon sien en waarna ek gesoek het. Dit het gehelp! Maar my raad aan enige voornemend­e bruid wat ’n trourok soek: Wees ontvanklik vir wenke oor die aanpas van verskillen­de style. Jy weet nooit waarop jy jou hart gaan verloor nie! Watter soort gevoel wou jy vir jou onthaalrok hê? Iets vloeiends, lig en gemaklik, waarin ek sonder moeite kan beweeg en dans. Waarmee was jy inskiklik en wat was op jou moet-hê-lys? Ek het met ’n taamlik oop gemoed by die winkel ingegaan, ek was dus baie ontvanklik. Maar een ding wat ek werklik wou hê, was ’n gemaklike rok. Wat het die produksies­pan gedoen om jou te help om vir jou episode voor te berei?

Die produksies­pan wou hê ek moes so oop en eerlik moontlik wees en van die kameraspan by ons vergeet. Dit was makliker as wat ek gedink het. Die mense het ons op ons gemak gestel vandat ons by die bruidswink­el ingestap het. Hoe was jou eerste ontmoeting met die aanbieder Khalil Zein? Hy was reg van die begin af baie verwelkome­nd, wat my en my ma baie op ons gemak gestel het. Ons het dit werklik waardeer. Wat het jou gedurende die proses verras?

Al was dit die tweede rok wat ek gekoop het, was ek steeds emosioneel toe ek dit aanpas. Ek het dít nie verwag nie! Toe hulle die sluier opsit, was dit so ’n werklike oomblik. Ek onthou ek het gedink: “Sjoe, ek gaan regtig trou!” Het enige van die rokke verander hoe jy jouself sien? Ek was altyd effens bekommerd ek gaan gespierd in my trourok lyk, maar ek was bly om te sien hoe vroulik ek in al die rokke gelyk het.

Wat het jy van jou episode gedink? My ma, pa en verloofde het dit saam gekyk en ek is dol oor ons episode. My ma is eintlik skaam voor ’n kamera, maar jy sal dit nooit sê nadat jy die episode gekyk het nie. Ek was so trots op haar! Waar bêre jy jou rokke en hoe dikwels loer jy na hulle? Ek het my trourok in my hangkas – wat verbode terrein vir my verloofde is. Wanneer ek alleen tuis is, trek ek dit soms net vir die pret aan en dans in die huis rond (Amy lag). Dit maak my so opgewonde vir die groot dag! My rok vir die onthaal is steeds by die bruidswink­el. Ons sien uit na die laaste aanpas binnekort. Hoe voel dit om jou rok so lank geheim te

hou? Dis werklik ’n uitdaging! Gewoonlik is dit iets waaroor ek dadelik my vriende sal bel, dit was dus moeilik om dit vir hulle geheim te hou . . . maar dis ook die moeite werd wanneer ek hulle uiteindeli­k kan vertel!

En selfs nadat sy getrou het, sal Amy altyd ja sê vir Say Yes To The Dress! Say Yes To The Dress Dubai seisoen 1 bou ’n boksstel op en al die episodes is tot Dinsdag 26 Julie op Catch Up te sien.

TLC (*135) is beskikbaar op DStv Premium, Compact Plus, Compact, Family en Access.

 ?? ?? Die Suid-Afrikaner Amy Fox het ’n groot ja gesê vir haar onthaalrok in Doebai.
Die Suid-Afrikaner Amy Fox het ’n groot ja gesê vir haar onthaalrok in Doebai.
 ?? ?? Die aanbieder van Say Yes To The Dress Dubai, Khalil Zein se warmte het Amy kalm gehou.
Die aanbieder van Say Yes To The Dress Dubai, Khalil Zein se warmte het Amy kalm gehou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa