TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

Een dag op ’n slag, is die sin wat tans in dr. Liam (David Viviers) se kop maal sedert hy begin Junie uit die rehabilita­siekliniek vir sy pynpilvers­lawing ontslaan is, en as locum by die Binneland-kliniek aangestel is. “Dis vir Liam belangrik om sy lewe weer op dreef te kry,” sê David. “Maar dit gaan nie so maklik wees nie, veral omdat sy baas, dr.

Tertius (Reynardt Hugo), nie die waarheid oor sy verslawing en rehabilita­sie weet nie, en dit hang soos ’n swaard oor sy kop.”

Die besties en verpleegst­ers Karen (Luandri Reynders) en Gaby (Maude Sandham) weet van Liam se verslawing en moedig hom aan om eerlik te wees met Tertius, maar dis nie so maklik nie. “Liam se moed begewe hom wanneer hy wil bieg – maar hy sê dit nie vir Karen en Gaby wanneer hulle hom vra hoekom hy nog nie die waarheid vertel het nie. Dit veroorsaak spanning tussen die drie wat nou saambly, want Liam het ook by hul woonstel ingetrek,” sê David. Intussen word oom Rodney (Wilson Dunster) in ongevalle opgeneem. Die dokters doen hul bes om hom te genees, maar oom Rodney se pynpille kry skielik voete. “Karen en Gaby wonder of Liam die pille gegaps het,” verklap David. “En dis te verstane weens Liam se geskiedeni­s.” Het Liam ’n terugslag gehad? “Ek hoop nie so nie,” sê David. As jy meer van David wil sien, gaan kyk na seisoen 2 van die komedie Troukoors op die aanlyn stroomdien­s Showmax (lees meer oor seisoen 1 nou op kykNET op bl. 22). David speel ’n speletjie-ontwikkela­ar met ’n vreemde modesin. Lees meer op ble. 28 en 29.

 ?? ?? David Viviers is dr. Liam in die sepie Binnelande­rs en Justin (inlas) in Troukoors.
David Viviers is dr. Liam in die sepie Binnelande­rs en Justin (inlas) in Troukoors.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa