TV Plus (Afrikaans)

Dinner Date

-

Seisoen 11 BBC Lifestyle (*174) 18:00 Realiteit

Wat die Britse afspraak-realiteits­reeks Dinner Date anders maak, is die slim samevoegin­g van kos en romanse. ’n Enkellopen­de kry aan die begin van elke episode vyf driegang-spyskaarte om van te kies, wat deur potensiële metgeselle saamgestel is. Die enkellopen­de bestudeer die spyskaarte en gee sy of haar mening oor die soort mens agter die geregte. Die spyskaarte wat gekies word, is gewoonlik verregaand­e of bevat geregte soos two To Mangosalmv­iskoekies as ’n voorgereg, let’s get it Mediterran-e-on- slaai as hoofgereg, en apple-ing apple crumble- nagereg. Die enkellopen­de deelnemer kies uiteindeli­k die drie spyskaarte wat ’n indruk maak en besoek die drie kokke kort daarna om die ete-afspraak by hul huis te hê. Aan die einde van die week gaan die enkellopen­de en die wenner op ’n ete-afspraak by ’n spogrestau­rant en die twee verloorder­s kry ’n wegneemete by hul huis. “Ons gee een gelukkige persoon die kans om liefde te vind deur die loop van drie maaltye, hoe romanties kan dit wees?” sê Sarah Tong, wat die direkteur van verkope is by Hat Trick Internatio­nal, die maatskappy wat Dinner Date vervaardig.

Om dinge in seisoen 11 ’n ekstra geurtjie te gee, is glans-gaste ook as enkellopen­des in sommige episodes te sien, soos die barbier en realiteitT­V-ster Dale Mehmet, wat in 2021 aan seisoen 7 van die afspraakre­eks Love Island deelgeneem het, en die TVster Lauren Simon wat welbekend is vir haar verskyning in die realiteitr­eeks The Real Housewives Of Cheshire. “’n Bietjie beroemdhei­d doen nooit skade nie,” sê Sarah, en voeg by: “Die sterre gee ’n tikkie roem aan ons gewilde reeks.”

 ?? ?? Die enkellopen­des vind liefde tydens etes wat deur hul toe-oë-metgeselle gekook is.
Die enkellopen­des vind liefde tydens etes wat deur hul toe-oë-metgeselle gekook is.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa