TV Plus (Afrikaans)

Dokter Doen-te-veel

Max is in twee geskeur oor trek na Londen saam met Helen of bly in New York om die New Amsterdam Medical Center teen sy nuwe baas te beskerm.

- New Amsterdam Seisoen 4 Maandae M-Net (*101) 19:30 (begin 27 Junie)

Ondanks die vonk tussen die kollegas dr. Max Goodwin (Ryan Eggold, vorige Tom in The Blacklist) en dr. Helen Sharpe (Freema Agyeman, Amanita in die sci-fi-reeks Sense8) regdeur die mediese dramareeks New Amsterdam, het hulle eers hul gevoelens in die finale episode van seisoen 3 aan mekaar beken. Max het na Helen se woonstel gehardloop, sy’t die deur oopgemaak, hulle het mekaar gesoen en die toneel is uitgedoof.

Wanneer seisoen 4 begin, gaan die twee voort waar hulle opgehou het. Hulle is in die bed en bespreek hul moontlike toekoms saam. Max is ongetwyfel­d op Helen verlief, en hoewel sy dieselfde voel, los sy ’n bom: Ná ’n onlangse reis na Londen, het sy besluit om New York te verlaat om haar sieklike ma by die huis te versorg. Dis nie al nie – sy’t ook ’n werk as ’n mediese direkteur aanvaar by ’n kliniek waar sy opgelei is.

Aanvanklik stel Max ’n langafstan­d verhouding voor, maar later vertel hy haar hy gaan saam met haar. “Die tema vir seisoen 4 is om geluk te kies en Max se geluk lê by Helen, dus wil hy haar volg waar sy ookal gaan,” sê Ryan. Helen bedank by New Amsterdam Medical Center, vlieg na Londen, en Max belowe om by haar aan te sluit sodra hy ’n kandidaat gekry het om hom as mediese direkteur te vervang, maar hy loop hom in ’n paar struikelbl­okke vas wat ’n stok in die wiel van sy hervestigi­ng steek . . .

WEER BY DIE BEGIN

Voor Max by Helen aansluit, wil hy verseker Helen se onkologied­epartement en haar rol as assistent- mediese direkteur is in bekwame hande. Hy stel dr.

Elizabeth Wilder (Sandra Mae Frank, Abigail in die komedieree­ks Zoey’s Extraordin­ary Playlist) aan in Helen se pos. Sy pas in by die span en hulle kom oor die weg. Die probleem kom wanneer Max na Londen vertrek en die hospitaalr­aad dr. Fuentes (Michelle Forbes, Gail in die dramareeks Chicago Fire, lees meer op bl.65) as sy plaasverva­nger kry. “Max stem glad nie saam met die manier waarop Veronica dinge doen nie,” sê Ryan.

Max glo Veronica is te onsensitie­f en geldgedrew­e om ’n hospitaal soos New Amsterdam te bestuur. “Max is spyt hy moet ‘sy’ hospitaal laat vaar en hy doen alles in sy vermoë om sy werk terug te kry,” voeg Ryan by, wie se karakter tussen Londen en New York reis om sy romanse met Helen te behou terwyl hy probeer keer dat New Amsterdam inmekaarst­ort. “Saam met sy optimisme is Max beslis iemand wat homself oorlaai, dinge oordoen en probeer om baie op een slag te doen,” verduideli­k Ryan. Uiteindeli­k kan sy projek om sy werk terug te eis, sy verhouding met Helen in gevaar stel.

VERSLAAF AAN LIEFDE

Soos Max is dr. Lauren Bloom (Janet Montgomery, Mary in die fantasiere­eks Salem) se liefdeslew­e chaoties in seisoen 4. Sy kry haar meisie, Leyla (Shiva Kalaiselva­n, Leila in die superheldr­eeks Gotham), by die internskap­program by New Amsterdam in, wat die paartjie nader aan mekaar bring. Lauren raak behep met Leyla en haar obsessie vererger namate die seisoen vorder. Dit laat Lauren die ondenkbare doen deur Leyla te dwing om ’n werkaanbie­ding in LA van die hand te wys. “Lauren se kop was [ná ’n stryd met pilverslaw­ing] nie op die regte plek om ’n verhouding te begin nie, en Leyla is nóg ’n verslawing vir haar,” sê Janet. “Lauren leer nog hoe om gesonde verhouding­s aan te knoop.”

DIE GROOT SKUIF

New Amsterdam se uitvoerend­e vervaardig­er, David Schulner, onthul die span wil die Britse gesondheid­stelsel verken, wat Max en Helen se vertrek uit die VSA verduideli­k. “Max is ten gunste van die Nasionale gesondheid­stelsel in Brittanje, waar gesondheid­sorg ’n mensereg is en almal kry mediese sorg,” sê David, en voeg by: “In dié nuwe wêreld kan ons bespreek wat is goed en wat kan nog gedoen word om die struktuur van gesondheid­sorgstelse­l as geheel wêreldwyd te verbeter.”

 ?? ?? Helen (links) en Max kan nie wag om hul lewe in Londen te begin nie, maar hy moet eers dinge by New Amsterdam regmaak.
Helen (links) en Max kan nie wag om hul lewe in Londen te begin nie, maar hy moet eers dinge by New Amsterdam regmaak.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa