TV Plus (Afrikaans)

Werner op die pad

Tussen ’n storm losdans met oumas en jive met aanhangers, is kykers dolverlief op Zak Hendrikz.

-

Werner Visagie (gespeel deur Zak Hendrikz) is ongetwyfel­d een van die mees geliefde karakters in Hillside. “Werner is ’n prettige, deernisvol­le ou wat ’n liefdevoll­e man vir sy vrou, Tanya (Liezl de Kock), is, en ’n morele kompas vir sy seun, Uys (Daniel Coetzee). Werner glo ’n mens moet gaaf wees teenoor jou naastes, ongeag ras, seksualite­it of sosiale status. Hy glo daarin om altyd die regte ding te doen, maak nie saak wat die gevolge is nie,” verduideli­k Zak, wat eers in Desember 2021 by 7de Laan aangesluit het.

MOVING IN

Zak erken hy was senuweeagt­ig op sy eerste dag op die stel. “Dis altyd skrikwekke­nd om in ’n sepie te begin speel. Jy weet nooit of jy oor die weg gaan kom met jou medespeler­s nie en dit kan problemati­es op die skerm wees. Maar in dié geval is Liezel en Hannelie Warren – Werner se ma, Augusta – uitmuntend­e aktrises saam met wie ek al in die verlede gewerk het. Daar was dus ’n onmiddelli­ke band. Die baie liefde en lag is die beste deel van werk toe kom,” sê Zak. “Dit is die eerste karakter in my loopbaan met wie ek kan identifise­er. Ek het baie van my eie ervarings en persoonlik­heid gebruik om Werner kleur te gee, daarom het ek ’n sagte plekkie vir hom.”

PRET MET DIE KYKERS

Nóg ’n deel van sy werk waarvan Zak nie genoeg kan kry nie, is om promosieto­ere te doen en met die lojale kykers bande te smee. “My eerste 7de Laan-promosieto­er was in Maart na Kaapstad. Die spelers het nie net op ’n dieper vlak met mekaar bande gevorm nie, dit was fassineren­d om te sien hoe die kykers werklik glo in die storie en karakters wat ons uitbeeld. Ons karakters word deel van hul uitgebreid­e familie en hul liefde en warmte, is ’n seën,” sê Zak. “Daar was ’n 92-jarige vrou wat op die verhoog geklim het. Sy het broos gelyk en het hulp benodig, maar ons het jolig op die verhoog gedans! Sy het gejive soos ’n 16-jarige!” Een ding waaroor Zak stilbly, is sy huweliksta­tus veral wanneer aanhangers vra of hy en Tanya werklik getroud is. Daarop glimlag hy skaam en knipoog.

VERLEDE KEER

Ivy het die verkeerde aanname oor Werner gemaak, en Zee het ’n spook gesien terwyl sy die baba opgepas het. Romeo, Khethiwe en Vanessa het teen die trane baklei toe Karmen vir Tjattas ’n stempos gelos het, en Shady het met kos probeer werk.

IN DIÉ UITGAWE

Die inwoners van The Hillside Heights is bly om te hoor van verbeterin­ge aan die gebou, en DeWet se vrese word besweer wanneer hy nuus kry van Rickus en Lana. Augusta het ’n waarskuwin­g vir haar kleinseun oor inmeng in sy ouers se sake, en Denzil het ’n vernuwende idee om met Oppiekoffi­e se mededinger­s te wedywer. Tanya praat openhartig met Alexa oor haar huwelikspr­obleme, en Romeo en Khethiwe is opgewonde oor die danslesse wat hulle kry vir hul troue. Ivy vra Augusta om verskoning omdat sy gerugte oor haar seun versprei het, Marvin gee Werner iets om oor na te dink, en Denzil wil amptelik eienaarska­p van Stasie Ses neem.

Tanya en Alexa het albei baie deurgemaak en besluit ’n aandjie uit sal hulle goed doen. Bonita is verward deur Augusta se flankeerde­ry met DeWet, en die Welman-kinders beplan Chris en Mariaan se 40ste huwelikshe­rdenking. Ivy is beïndruk deur Vanessa se onselfsugt­igheid, Romeo en Khethiwe raak paniekerig wanneer hulle Eddie and Karmen, wat hulle opgepas het, nie kan kry nie, en Shady is angstig oor ’n aankondigi­ng.

 ?? ?? Zak Hendrikz (hooffoto, regs) is dol oor sy rol as Werner (inlas) en om die 7de Laan-kykers te ontmoet.
Zak Hendrikz (hooffoto, regs) is dol oor sy rol as Werner (inlas) en om die 7de Laan-kykers te ontmoet.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa