TV Plus (Afrikaans)

DIE STEMKUNSTE­NAARS ’n Liefdesdri­ehoek

’n Ryk sakeman se lewe verander onherroepl­ik wanneer sy vervreemde vrou uit ’n koma ontwaak.

-

Oorgeklank­te telenovell­es het kykers aan die gons! Die storielyne, karakters, skandale, romanse en aksie is topvermaak en dan word dit boonop alles in Afrikaans uitgesaai! kykNET & kie spog nou ook met twee oorgeklank­te, Turkse telenovell­es: In Die Ysterhand Se Greep en Kind Van Die Noodlot (lees meer op bl. 31). kykNET & kie se woordvoerd­er Herschelle Benjamin sê ná navorsing, het hulle besef oorgeklank­te telenovell­es is baie gewild onder Suid-Afrikaners. “Dit skep ook werkgeleen­thede vir akteurs en bied hulle die geleenthei­d om ’n inkomste op ’n ander manier te verdien,” voeg hy by oor die bekende akteurs wat van die stemwerk doen. Hier is alles wat jy oor In Die Ysterhand Se Greep moet weet om van die eerste episode af tuis te voel in dié telenovell­e se wêreld.

’N TROUE EN ’N VERRASSING

Yigit (Tolgahan Sayisman) is ’n suksesvoll­e sakeman wat nie in die liefde glo nie. Nadat hy verantwoor­delik was vir die ongeluk wat sy vrou, Iclal (Safak Pekdemir), in ’n koma laat beland het, ontken hy haar bestaan.

Hul seuntjie, (Poyraz

Bayramoglu), glo sy ma is in die hemel. Dan ontmoet Yigit die moo

Mert

ie Nur (Amine Gulse) en hulle raak verlief. Onbewus van Iclal, stem Nur in om met Yigit te trou. Maar op hul troudag word Iclal skielik wakker!

Dis lekker om te raai wie die stem agter die Turkse akteurs is. En dié keer sal jy dadelik van die stemme herken.

Gustav Gerdener (Pieter de Wit in die dramareeks Donkerland) speel Yigit wat in moeilike omstandigh­ede grootgewor­d, maar homself in ’n suksesvoll­e sakeman opgewerk het.

Shemane Harris (Priscilla in die sepie Getroud Met Rugby, lees meer op bl. 28) vertolk Iclal. Yigit het op aandrang van ’n familielid met haar getrou, al was hy nie verlief op haar nie. Sesethu Ntombela (Khethiwe in die sepie 7de Laan, lees meer op bl. 29) speel Nur wat liefde in Yigit se arms gevind het. Jeandré Baard (’n nuweling) is Mert se stem. Wanneer Mert hoor sy ma het uit die koma ontwaak, kan hy nie glo sy ma het nie werklik gesterf nie.

WAAROOR GAAN DIT?

Yigit Kozan het ’n donker geheim wat hom en sy magtige familie gevangene hou, maar wanneer die pragtige Nur in sy lewe opdaag, verander alles eensklaps.

IN DIÉ UITGAWE

Nur verlaat haar huis om vrede en stilte te vind terwyl sy oor haar pa se dood treur. Sy kry gou ’n plek waar sy haar kan tuismaak en almal haar met ope arms verwelkom, wat haar baie gelukkig maak, en asof dinge nie beter kan raak nie, toon die selfgemaak­te sakeman Yigit belangstel­ling in haar.

Nazan praat sonder om te dink en beland in groot moeilikhei­d by

Aytul, Cahit word in

’n netelige situasie geplaas wanneer hy ’n keuse moet maak, en Mert oorreed Nur om saam met hom en sy pa na die pretpark te gaan.

Mert voel egter later skuldig omdat hy Nur saamgenooi het, want hy is bang sy ma gaan vir hom kwaad wees omdat hy eerder tyd saam met Nur as saam met sy ma bestee. Die pasgetroud­e Yigit en Nur loop hulle vas in Aytul wat nie beïndruk is met hul huwelik nie, Nur bring haar huweliksna­g alleen deur, en Iclal sukkel met geheueverl­ies.

Yigit kan nie verstaan hoe Iclal die belangriks­te deel van haar lewe vergeet het nie, dit is Mert se eerste dag by die skool en hy is betrokke by ’n konfrontas­ie met boelies, en Aytul is daarop uit om enigiemand wat in haar pad staan, dood te maak en sy doen dit ook amper.

Nur en Yigit herenig, hulle keer terug huis toe en vind ’n onverwagte gas wat daar op hulle wag.

 ?? ?? Iclal (links) Yigit (middel) en Nur (regs) is vasgevang in ’n gekomplise­erde liefdesver­haal.
Iclal (links) Yigit (middel) en Nur (regs) is vasgevang in ’n gekomplise­erde liefdesver­haal.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa