TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Die liefdesdui­fies Omer en Ruya is groot skindernuu­s regoor die dorp, en Cemre is hartseer omdat sy hof toe moet gaan om haar huwelik te beëindig. Die net span oral styf om Celebi, die Kayabeylif­amilie konkel teen Kenan en Ozan terwyl hulle ook Tomris wil bedrieg, en dinge lyk rooskleuri­g vir Omer, Ruya en Cicek. Iskender vertel Ruya iets skokkends, Omer is in die moeilikhei­d by Ruya, en Ozan besluit hy moet meer realisties wees oor sy huidige situasie. Ozan offer iets op om sy skuld te betaal, net om te ontdek dis reeds betaal. Bulent het baie groter probleme as wat hy gedink het, en dis Ozan se eerste dag terug by die werk, maar dit verloop nie soos hy verwag het nie. Kenan gee Omer ’n taak wat hy dalk nie kan afhandel nie, en Ruya besef haar pa het verdwyn en die tyd loop uit vir haar om hom te vind.

Dit lyk asof niemand Celebi sal kan keer om sy plan uit te voer nie, ’n tragedie vind plaas en dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie. Celebi wil homself weer as burgemeest­er beskikbaar­stel, maar nou moet hy ’n manier vind om Cemre terug te kry, Omer vat Ruya na die huis uit sy kinderjare en onthul meer oor sy verlede, en ondanks Omer se beste pogings, is Ruya steeds depressief, dus tree Tomris in. Die waarheid van die baba op die vullishoop kom aan die lig en die meisies moet ’n moeilike besluit neem oor wat om met die nuwe inligting te doen, want dit raak baie mense. Cemre lyk huiwerig om aan Celebi se eise toe te gee en dit beteken ’n egskeiding is onvermydel­ik – maar daar is iets wat Cemre nie weet nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa