TV Plus (Afrikaans)

KLAGTES OOR E.TV

-

Stem saam met Bennie van Germiston. Voorheen kon jy ’n SABC-program kyk en ’n ander een opneem. Openview het dit stopgesit. Waarom? Dit het goed gewerk? Openview het ons mislei.

In sy brosjure wat ek saamstuur, word gesê, WHAT DOES OPENVIEW GET ME: Record one channel while watching another. – LOUIS VAN PRETORIA, PER E-POS.

Hallo Louis. Soos jy gesien het, is jy nie die enigste een wat kla nie. Ek het wéér vir e.tv om kommentaar gevra en nog niks gekry nie. Dit lyk asof jy wanneer jy iets op Openview opneem, net na ’n ander kanaal kan kyk op Openview. En wanneer jy iets op ’n SABC-kanaal opneem, kan jy net ander SABC-kanale kyk. Van wat ek kan aflei uit ons navorsing, het dit te doen met SABC wat nou in hoëdefinis­ie (HD) op Openview uitsaai. Volgens ’n antwoord wat e.tv iemand op hul Facebook-blad gegee het, het hierdie opgraderin­g na HD gekom met sekere tegniese probleme wat hulle nie voorsien het nie. Soos ek sê, ek kry ongelukkig glad nie terugvoeri­ng van hul skakelbeam­ptes oor die kwessie nie, wat ook frustreren­d is. Ek wonder of die tegnologie van hul dekodeerde­rs bloot nie goed genoeg is om dit te hanteer nie. Maar ek stem saam, dit moet dan nie misleidend geadvertee­r word nie. Ek sal aanhou probeer om beter kommentaar oor die situasie te kry.

Hoekom het julle Days Of Our Lives weggevat? Hy het nou eers begin mooi raak. Bring hom terug. Wanneer begin die nuwe Gebroke Harte weer? – ANONIEM, PER SMS

Beste leser. Dit was deel van e.tv se vernuwing van sy plaaslike inhoudsaan­bod. Ek vermoed ook Days se kykergetal­le het ongelukkig net te veel gekwyn. Dit bly vir my ook onwerklik dat dit nie meer in die land beskikbaar is nie. Ongelukkig nog geen nuus oor Gebroke Harte nie!

Is daar dalk kans dat gewese, ou programme van kykNET, kykNET & kie en VIA op e.tv uitgesaai kan word? Ek doen glad nie stroomplat­forms nie. – ERNS VAN KEMPTONPAR­K, PER SMS Hallo Erns. Ek twyfel of Openview die koste sal aangaan om dit aan te koop en uit te saai. Ek neem aan dis nogal duur. Tensy hulle natuurlik ’n gaping in die mark daarvoor sien en dit vir hulle winsgewend genoeg sal wees.

Is daar ‘n spesifieke rede hoekom jy nie na stroomplat­forms kyk nie, of is dit weens die hoë koste van ’n internetdi­ens? Sommer net nuuskierig.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa