TV Plus (Afrikaans)

Fantasy Island

Seisoen 1 Universal TV (*117) 20:00 Drama

-

Die sci-fi-dramareeks Fantasy Island is wat dit sê: ’n Fantasie wat op ’n eiland afspeel. Eet enigiets sonder om vet te word? Maklik. Bang haaie val jou in die swembad aan? Geen probleem nie. Maar daar’s ’n kinkel in die nuwe weergawe van die reeks uit die 1970’s met Elena Roarke (Roselyn Sanchez, Carmen Luna in die dramareeks Devious Maids) as aanbieder op die eiland. Sy vervul die rol wat deur Ricardo Montalbán (Grandfathe­r in die 2002-fliek Spy Kids 2: Island Of Dreams) bekend gemaak is deur wense toe te staan, en Elena is dol oor die oorspronkl­ike reeks. “Die Latyns-Amerikaans­e Ricardo was ’n legende. My karakter is nou ’n familielid van sy karakter. Dis so ’n eer, maar ons doen ons eie ding,” sê die aktrise wat in Puerto Rico gebore is.

Daar is ’n paar veranderin­ge in die nuwe weergawe van die reeks, vertel Roselyn. “Ons het ’n ligter vibe. Dis nie so gewelddadi­g nie. Die oorspronkl­ike reeks is hoofsaakli­k in ’n ateljee in Burbank, Los Angeles geskiet. Ons verfilm 90% buite, net 10% is op ’n doelgemaak­te stel geskiet. Ons het ’n regte strand, natuur, wind, regte alles. Die grondgedag­te is soortgelyk, maar jy gaan baie visuele veranderin­ge sien.”

Elena kan nie alles alleen hanteer nie en het twee helpers. Die loods Javier (John Gabriel Rodriquez, Massak in die fantasiere­eks The Vampire Diaries), en Ruby Akuda (Kiara Barnes, Zoe in die Amerikaans­e sepie The Bold & The Beautiful) wat ’n gas en nou persoonlik­e assistent is. Maar dis nie net die gaste wat fantasieë uitleef nie, skimp Roselyn. “Selfs Elena. Almal sal verras wees oor wat sy wil hê, selfs sy!”

 ?? ?? Seisoen 11 VIA (*147) 17:30 Geselsprog­ram Episode 13
Seisoen 5 VIA (*147) 20:30 Ware Stories Episode 13 Elena Roarke het die mag om wense en fantasieë te laat waar word op haar eiland.
Seisoen 11 VIA (*147) 17:30 Geselsprog­ram Episode 13 Seisoen 5 VIA (*147) 20:30 Ware Stories Episode 13 Elena Roarke het die mag om wense en fantasieë te laat waar word op haar eiland.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa