TV Plus (Afrikaans)

United States Of Al

-

Seisoen 2 M-Net (*101) 19:00 Komedie

Geestesges­ondheid is baie belangrik vir die akteur Adhir Kalyan wat sê dit was ’n maklike besluit om die Afgaanse tolk Al Karimi in die komedieree­ks van twee seisoene United States Of Al te speel. “Kyk net na die geestesges­ondheid van so baie soldate wat van die oorlog terugkeer. Hulle is nie oukei nie. Hulle het dinge gesien en gedoen wat lewenslank ’n merk op hulle laat – en hulle kry nie die hulp wat hulle verdien nie,” sê die akteur met hegte bande in Suid-Afrika.

1 Die 38-jarige akteur is ’n Durbaniet – en sy ma is beroemd: Sy is die politikus Santosh (Sandy) Kalyan, oud-Parlements­lid vir die Demokratie­se Alliansie.

2 Adhir het in 2005 na Brittanje getrek om sy akteursdro­om na te jaag en hoewel hy net immigrantr­olle gekry het, sê Adhir: “Dis oukei. Jy moet jou voet in die deur kry, en om in ’n reeks soos die mediese drama Holby

City (as Arjmand Younis) te speel, was fantasties. Dit het my baie gehelp.”

3 United States Of Al het probleme gekry omdat Adhir (wat van Indiër-afkoms is) pleks van ’n akteur van Afganistan gekies is, maar Adhir neem nie notisie nie. “Dis nie my skuld die vervaardig­ers het my gekies nie. Hulle het gesê wat hulle soek, en hulle het gehou van wat ek gedoen het. Ek’s van SuidAfrika – gaan hulle daaroor ook kla?”

4 Hy is in 2016 met die aktrise Emily Wilson (Ellie in die VSA sepie General Hospital) getroud en het twee seremonies gehad: Een in Palm Springs, Kalifornië en een by die Umgeni Road Temple in Durban. Hul dogter, Mira, is in 2021 gebore.

5 Adhir hardloop marathons en speel tennis om fiks te bly.

 ?? ?? Die Suid-Afrikaans gebore Adhir Kalyan speel die tolk Al in United States Of Al.
Die Suid-Afrikaans gebore Adhir Kalyan speel die tolk Al in United States Of Al.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa