TV Plus (Afrikaans)

Die Staat Teen

-

Seisoen 2 VIA (*147) 20:00 Ware Stories

Hoewel die misdaadvla­kke in die land almal moedeloos maak, is daar darem dapper ondersoekb­eamptes en staatsaank­laers wie se missie dit is om geregtighe­id te laat seëvier. En dis hul stories wat in Die Staat Teen vertel word.

Seisoen 2 van dié reeks begin vanaand en die sake wat in die kalklig is, gaan jou nekhare laat rys. “Die reeks se fokuspunt is nie die familie en vriende van die slagoffers wat hul traumastor­ies vertel nie. Ons fokus meer op die ondersoekb­eamptes en aanklaers – hoe hulle te werk gegaan het om die saak te ondersoek, en hopelik die skuldige aan die pen te laat ry,” verduideli­k Jackie Ruth Murray, die vervaardig­er van die reeks.

“Die betrokkene­s gee ons dieper insig in die proses: Die ondersoek self, die opvolg van leidrade, die versamel van bewysstukk­e, hoe die verdagte aangekla word, die verhoor en die hofuitspra­ak.”

In episode 1 kyk ons na die saak van Rob Packman wat sy vrou vermoor, haar in haar motor se kattebak gelaai en die motor aan die brand gesteek het. Episode 2 (18 Julie) fokus op drie Bulgare se dwelmsmokk­elary in die Wes-Kaap, en in episode 3 (25 Julie) word Glenville Faro se verkragtin­g- en moordsaak bespreek.

Die is nie vir sensitiewe kykers nie, maar dis wonderlik om te sien hoe hard die betrokkene­s werk om die waarheid te vind. “Misdaad en moord is ’n wêreldwye pandemie. Soms maak dit ons taak as vervaardig­ers moeilik, want ons doen ure en ure se navorsing en lees van die gruwelikst­e details wat jy nie maklik sal vergeet nie,” sê Jackie. Die produksies­pan agter Die Staat Teen ondersteun mekaar wanneer dinge moeilik raak. “Die reeks wys hoe hard ons owerhede werk. En dis wat ons die kykers wil wys: Daar is hoop.”

 ?? ?? Rob Packman het sy vrou wreed vermoor.
Rob Packman het sy vrou wreed vermoor.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa