TV Plus (Afrikaans)

Winkelkask­enades

Ál ses seisoene van Superstore is op Showmax – en dis skreeusnaa­ks!

-

Daar’s chaos in groot maat in Cloud 9 wanneer Amy en kie moeilikhei­d veroorsaak terwyl hulle net hul werk by die winkel wil behou. Hulle is nie die skerpste messe in die laai nie, het meer persoonlik­e probleme as glanssterr­e, en is skreeusnaa­ks. Hier is van die beste oomblikke in die reeks:

JONAH SE YSLIKE FOUT Seisoen 1 episode 1

Die nuwelingwe­rker Jonah (Ben Feldman, Michael in die periodedra­mareeks Mad Men) is gretig om ’n goeie indruk te maak. Hy probeer wegsteek dat hy kollege opgeskop het, en jok dat hy weet wat hy op die winkelvloe­r doen. En om sy vaardighei­d te bewys, begin Jonah artikels se pryse afmerk.

As hy meer in sy wiskunde-klasse opgelet het, sou hy agterkom pleks van 25%-korting te gee, het hy alles tot slegs 25c afgemerk – selfs die baie duur items. Gelukkig is Amy (America Ferrera, Betty in die dramediere­eks Ugly Betty) byderhand om dinge reg te stel . . . en vang die verliefde Jonah totaal onkant.

BO-CHEY SWEER EWIG TROU Seisoen 2 episode 21

Hulle is te dierbaar as ’n paartjie, maar Bo Derek Thompson (Johnny Pemberton, Max in die komedieree­ks You’re

The Worst) en Cheyenne Lee (Nichole Sakura, Louise in die dramareeks Maggie) het ’n bietjie hulp nodig. Hulle is sedert episode 1 verloof nadat die aspirant-kletsrymer Bo die groot vraag gevra het met ’n ring van $8 (R125) wat hy in die winkel gekoop het nadat Cheyenne swanger geraak het. Hulle is die stereotipi­ese swanger tienerpaar­tjie, met min vooruitsig­te benewens hul liefde vir mekaar, maar dit beteken baie – veral vir hul werkvriend­e wat hul troue soveel meer spesiaal maak deur almal die geleenthei­d in hul kisklere by te woon. Die seremonie word afgesluit met ’n dans, en ’n bietjie Bo-kletsrym . . . en hope pret by die onthaal. Hou die strooimeis­ie Dina (Lauren Ash) dop – sy raak broeis danksy al die liefde in die ronde en iemand gaan ’n oordosis van Dina kry!

DINA SE BABAVERRAS­SING Seisoen 3 episode 10

Die winkel se assistentb­estuurder Dina is die laaste mens wat ’n baba moet kry. Sy’s onbeskof, kru, en wulps – sy moet eintlik wettiglik nie eers toegelaat

word om babas op te pas nie. En dit maak haar die perfekte surrogaat vir die winkelbest­uurder Glenn (Mark McKinney) en sy vrou, Jerusha (Keri Kenney, Deputy Trudy in die polisiesit­kom Reno 911!), wat nie swanger kan raak nie. Dis een ding om in te staan vir ’n vriend wat dros by die werk, maar Dina beskou nege maande van fisieke ongemak as niks, want sy probeer reeds sien hoeveel sy uit die situasie kan wen.

Maar dis nie die feit dat Dina gaaf genoeg is om ’n surrogaat te wees wat dit ’n prettige episode maak nie, dis omdat ons weet hoe oordrewe sy gaan word. Sy gaan veeleisend­er, meer van ’n diva en meer van alles wees! En as jy in gedagte hou hoe gek Dina reeds is, moet jy die ergste verwag tot sy geboorte skenk!

L STAAN VIR . . . Seisoen 4 episode 13

Die seksuele vonk tussen Jonah en Amy is byna tasbaar! Nadat hulle vir vier seisoene die onderwerp vermy het en wye draaie om mekaar geloop het, doen hulle wat alle paartjies wat heimlik van mekaar hou, doen: Hulle stry! En hulle doen dit met styl: In die middel van die Cloud 9-Valentynsd­aguitstall­ing!

Belediging­s word rondgeslin­ger, vingers gewys, beskuldigi­ngs gemaak

. . . en albei sê vir die eerste keer “ek is lief vir jou”. Dis so oulik, dit maak jou eintlik naar! Maar ons gee nie om nie. Hulle moet eintlik net hul aangetrokk­en

KYK NA JOUSELF . . . EN NA MY Seisoen 5 episode 5

Die belangrikh­eid van geestesges­ondheid is voor Covid grootliks oor die hoof gesien. Dit is dus verrassend dat ’n episode opgedra is aan die sorg van ’n mens se gees en hart bo die fisieke liggaam. Maar wanneer jy te doen het met die breins van Cheyenne, Bo, Jonah en kie . . . ja, wel . . . dit gaan nie goed eindig nie. Dit begin met Amy wat by die werk aan die slaap raak en haar kollegas besef dat sy – én hulle – beter na hulself moet kyk.

Daar word egter nie net gelag nie – daar is twee belangrike hartsoombl­ikke. Dina ontdek sy het diabetes en moet haar leefstyl verander om haar toestand te beheer (want dis ’n stille heid tot mekaar erken en soen. Liefde is moeilik en niemand wil op Valentysda­g alleen wees nie. moordenaar wat in die regte wêreld nie genoeg aandag kry nie). En die onwettige immigrant en gawe ou Matteo (Nico Santos) word ’n lewensafri­gter vir die Cloud 9-oogkundige wat ’n geestelike hupstoot benodig.

 ?? ?? Die nuweling Jonah (hooffoto regs) probeer sy lewe vir sy medewerker­s soos Amy (inlas) verberg.
Die nuweling Jonah (hooffoto regs) probeer sy lewe vir sy medewerker­s soos Amy (inlas) verberg.
 ?? ?? Cheyenne (links) en Bo haak uiteindeli­k af.
Cheyenne (links) en Bo haak uiteindeli­k af.
 ?? ?? Dina (links) skok almal wanneer sy instem om ’n surrogaat vir Glenn te wees.
Dina (links) skok almal wanneer sy instem om ’n surrogaat vir Glenn te wees.
 ?? ?? Gelukkige liefdesdag vir Jonah (links) en Amy.
Gelukkige liefdesdag vir Jonah (links) en Amy.
 ?? ?? Matteo is een van die personeell­ede wat omsien na sy – en ander se – geestesges­ondheid.
Matteo is een van die personeell­ede wat omsien na sy – en ander se – geestesges­ondheid.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa