TV Plus (Afrikaans)

Klets, lag, huil vir oulaas

Die geselsprog­ram Tussen Ons en sy vyf aanbieders groet.

- Tussen Ons Seisoen 5 Donderdae kykNET & kie (*145) 20:00

Die weeklikse geselsprog­ram Tussen Ons was ’n droom wat waar geword het. “Dit was ’n geleenthei­d om nie net ander mense se stories te vertel nie, maar ook my eie,” sê die TV- en- radioperso­onlikheid Success Lekabe toe dit vier jaar gelede aan haar deur kom klop het. As die jongste aanbieder onder die vyf vroueaanbi­eders, wat insluit Ingrid Jones, Kay Karriem, Tracy Lange, en Zelda le Grange, het Success wonderlike lewensless­e geleer, daarom is dit vir haar en die ander bittersoet om die reeks op Donderdag 30 Junie te groet.

In die laaste episode gaan wonderlike herinnerin­ge en hoogtepunt­e van die afgelope vyf jaar gedeel word en ons stel voor aanhangers van die reeks gryp maar so ’n paar snesies, want daar gaan vir oulaas saam geklets, gelag en gehuil word.

HOEKOM IS DIT DIE EINDE?

Vernuwing en veranderin­g is twee dinge wat mense in die meeste gevalle nie so maklik aanvaar nie, maar tog is dit nodig vir vooruitgan­g. En die kanaal kykNET & kie waarop Tussen

Ons eksklusief uitgesaai word, het besluit dis tyd om sy spitstydsk­edule tussen 17:00 en 22:00 af te stof met vars vermaakinh­oud wat insluit die twee Turkse telenovell­es (lees meer op ble. 30 en 31) en die geselsprog­ram KLOP! wat terugkeer na Sondagaand­e (lees meer op bl. 16).

“Later in die jaar gaan ons kykers bederf met ander nuwe plaaslik vervaardig­de programme, dus moes die veranderin­ge gemaak word om daarvoor plek te maak,” sê kykNET

& kie se woordvoerd­er Herschelle Benjamin. “Alle hoofstukke kom tot ’n einde,” sê Herschelle wanneer ons hom pols oor hoekom Tussen Ons beëindig is. “Ja, dit is hartseer, maar die werk is gedoen en wat bereik moes word, is bereik. En ek glo dis ook hoe die aanbieders dit sien.”

’N WARBOEL VAN EMOSIES

Ingrid Jones sê haar eerste reaksie toe sy hoor die reeks eindig, was skok.

“Dit het uit die bloute gekom, maar kort daarna het aanvaardin­g oor my gespoel, want ek het besef dis vyf jaar van goeie groei en daaroor is ek ewig dankbaar.”

Kay Karriem sê Que será, será. “Die lewe het my geleer alles het sy tyd en waar een deur toeklap, sal ’n dubbeldeur wel iewers anders vir jou oopgaan.”

Vir Success was dit nie maklik nie. “Ek het ’n warboel van emosies ervaar,” sê sy. “Maar daar was ook ’n gevoel van rustigheid. Dit is deel van die lewe dat dinge soms tot ’n einde kom.”

Tracy Lange glo alles goed en sleg kom tot ’n einde. “En die dag wat jy dit t besef, raak dinge makliker. Vir my was dit ’n teken die werk wat ons gedoen het, is klaar.” En Zelda le Grange sê dis hartseer wanneer iets eindig. “Maar ek is juis geseënd om iets te kon hê om oor hartseer te voel omdat dit eindig.”

DIE LAASTE GASTE

In die laaste episode kom kuier die komediant Marc Lottering saam met die

TV-persoonlik­heid- en-regisseur Hannes van Wyk (aanbieder van die geselsprog­ram Kwêla), en Ricky Schroeder, die vloerbestu­uder van Tussen Ons.

“Deur die jare heen het Hannes en Ricky ’n paar keer in die program kom kuier en insette gelewer en selfs hier en daar ’n

segment aangebied. Mans doen nooit goed waar die vrouens nie oorneem nie so ons gun hulle hul laaste oomblikkie ook,” skerts Zelda.

Ingrid sê weer Marc Lottering het haar nog altyd lekker laat lag. “En hy gaan kykers beslis in die laaste episode vermaak terwyl ons koebaai sê aan die kykers en die voortrefli­ke span voor en agter die kameras.”

LEWENS VERRYK

Tussen Ons het nie net die aanbieders se lewe nie, maar ook die kykers se lewe met sy inhoud en gesprekke verryk. “Dit was die grootste voorreg om in ’n winkel voorgekeer te word en die woorde ‘Tussen Ons’ te hoor en weet dit is ’n kyker wat die program geniet. Die glimlag op hul gesig en die dankie dat ons gesels oor iets wat hulle aanraak, kan ’n mens nie koop nie,” sê Success.

Tracy sê sy weet die program het kykers se lewe verryk, want sy het dit eerstehand­s ervaar deur die terugvoeri­ng wat hulle op die sosiale media kry en mense wat haar op straat voorkeer. “Daar is gesê dankie vir die gesprekke (oor aborsie, menopouse, seksuele voorkeure tot gesondheid­swenke) wat ek nou uiteindeli­k met my familie kan hê. Dankie dat jul gesprek my familie en geliefdes se oë oopgemaak het. Dankie dat daar gepraat word oor dinge wat mense nie altyd noem nie,” vertel Tracy. “Dit was ook fantasties om vir ’n slag te kan wys dit is onsin dat mense van verskillen­de rasse anders dink en doen, alhoewel baie mense dit glo. Die feit dat mense oor alle kleurgrens­e heen en van alle tale ingeskakel het omdat hulle dit geniet het om van hul eie mense te hoor, het bewys die land is self lankal bereid om aan te beweeg. En dit waarop die politiek en tradisione­le media fokus, ons eintlik van mekaar af wil weghou.”

’N MOEILIKE VRAAG

“Ek kan nie iemand spesifiek uitsonder nie, want elkeen het ’n belangrike rol gehad om te speel, en was daar vir ’n spesifieke rede en gesprek,” sê Ingrid wanneer ons haar vra oor haar gunsteling­gas op die program. “Maar as ek nou mooi dink, sou ek sê die gesiggestr­emde jong meisie wat die klavier gespeel het (verlede jaar) het ’n indruk op my gemaak en my laat besef hoe ’n mens somtyds ondankbaar kan wees oor dit wat jy dink jy nie gekry het nie.”

Kay is ook dapper genoeg om vir ons te sê wie haar gunsteling­gas deur die jare op die program was. “Die kletsrymer Early B en die politieke kommentato­r Jan

Jan Joubert omdat hulle so spontaan en net hulleself was. Ek het ook natuurlik tussen die gelag en dans baie by hulle geleer.”

Die toekoms lyk blink vir die aanbieders, want die meeste is besig met nuwe projekte, maar nie almal kan daaroor uitbrei nie. “Ek is steeds radioomroe­per by Bokradio (98.9 FM in die Wes-Kaap). Daar is ’n paar dinge wat in die pyplyn is ja, en ek sien baie uit daarna,” sê Success.

“Ek is altyd besig met baie dinge, dis die bedryf waarin ons is. Om agteroor te sit en te wag vir ander vir iets om te gebeur is naïef,” sê Tracy.

“Ek gaan vir ’n wyle die mediaomgew­ing dophou voordat ek enigiets doen. Ek dink nie ons is klaar nie,” verklap Ingrid. Kay is baie geheimsinn­ig en sê sy wag vir die dubbeldeur om vir haar oop te gaan, en Zelda sê haar motivering­spraatjies gaan voort. “En ek is tans besig om my tweede boek te skryf.” En op daardie hoë noot vol moontlikhe­de en vars vooruitsig­te groet ons Tussen Ons, die geselsprog­ram wat soveel kykers geïnspiree­r het.

 ?? ?? Tracy sê kykers se reaksie op straat en die sosiale media bevestig Tussen Ons het bai vir kykers beteken.
Tracy sê kykers se reaksie op straat en die sosiale media bevestig Tussen Ons het bai vir kykers beteken.
 ?? ?? Ingrid (links) saam met Hannes van Wyk wat gereeld insette op Tussen Ons gelewer het.
Ingrid (links) saam met Hannes van Wyk wat gereeld insette op Tussen Ons gelewer het.
 ?? ??
 ?? ?? Ricky Schroeder is een van die gaste in die laaste episode.
Ricky Schroeder is een van die gaste in die laaste episode.
 ?? ?? Zelda le Grange.
Zelda le Grange.
 ?? ?? Ingrid Jones.
Ingrid Jones.
 ?? ?? Successs Lukabe.
Successs Lukabe.
 ?? ?? Kay Karriem.
Kay Karriem.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa