TV Plus (Afrikaans)

’n Program vir gewone mense

Heindrich Wyngaard en sy span by KLOP! is nou weer op Sondagaand­e te sien.

-

KLOP!

Seisoen 4 Sondae kykNET & kie (*145) 19:30 (begin 3 Julie)

Met die heel eerste opname van die geselsreek­s KLOP! in 2018 was die aanbieder, Heindrich Wyngaard, gespanne maar ook kinderlik opgewonde. “Dit was my amptelike terugkeer na die kassie as aanbieder nadat ek in 2008 ’n ander aktualitei­tsprogram, Wat’s Die Storie, op kykNET (*144) aangebied het,” sê hy.

“Ons het verskeie gaste en stories in die eerste episode gehad, maar ons hooffokus was op prof.

Adam Small en hoe sy gedig Kô Laat Ons Sing die inspirasie vir die programtit­el, Kô Laat Ons Praat (KLOP!) was,” vertel Heindrich.

KLOP! skud nou sy vere reg vir verrassing­s omdat die uitsaaityd weer terugskuif na die oorspronkl­ike tydgleuf, Sondagaand­e om 19:30, as deel van kykNET & kie se veranderin­ge aan sy spitstydsk­edule. En Heindrich glo dis net die regte program om te kyk om jou Maandag op ’n goeie noot af te skop!

GETROUE AANHANGERS

“Ek twyfel of kykers gaan agterkom die tydgleuf het verander,” sê Heindrich laggend. “Die getroue aanhangers het – sover ek weet – aangehou om Sondagaand­e na die herhaling te kyk, al is die program al die afgelope twee jaar op Woensdae om 20:30 uitgesaai.”

Heindrich is gretig om alles wat nog hierdie seisoen gaan kom met kykers te deel – maar wil nie te veel uitlap nie. “Daar gaan gekyk word na musiek, humor, geskiedeni­s en sommer net lekker op die couch sit en praat oor die wonders van die lewe,” sê Heindrich.

“Wat ek wel kan sê, is KLOP! is ’n program vir gewone mense wat hul stories vanuit hul gemeenskap­pe vertel waarvan nie aldag kennis geneem word nie. En dit gaan so bly.”

INDIEN DIE ROLLE RUIL

Bekendes maak ook ’n draai op KLOP! se bekende geel bank. Heindrich kan nie ’n gunsteling­onderhoud uitsonder nie, al staan van hulle wel uit, soos sy geselsie met die prokureur en vroueregte-aktivis

Melene Rossouw, asook die kostelike TikTok-sterre Julian Tsepo en Bubblegum. Sy onderhoud in 2020 met die Suid-Afrikaanse jazzsanger en komponis Jona

than Butler was tog vir hom ekstra spesiaal. “Ek het met sy musiek grootgewor­d en is vandag nog ’n groot aanhanger.”

Indien die rolle omruil en Heindrich op die geel bank moet sit, wie wil hy hê moet ’n onderhoud met hom voer? “Sjoe, as ek aan die groot name dink, sal ek graag wil hê Larry King of Christiane Amanpour van CCN-faam moet met my gesels. En op plaaslike vlak die sanger en TV-aanbieder

Coenie de Villiers. ’n Paar jaar terug het Coenie met my ’n onderhoud op die program Kwêla (Sondae op kykNET om 18:00) gevoer en ek sal graag weer saam met hom kuier.”

HEINDRICH SE LIEFDES

Heindrich is diep lief vir Afrikaans, joernalist­iek en politiek. “Ek het in April vanjaar na my tuisdorp, Caledon in die Wes-Kaap, teruggekee­r nadat ek vyf jaar in Johannesbu­rg gewoon het. Dis wonderlik om weer tussen my mense te wees en dis my hartsbegee­rte om hulle te dien. Daarom het ek betrokke geraak by die nuwe politieke organisasi­e Kaapse Forum. Ander dinge wat ek graag in Caledon op die been wil bring, is ’n soort amfiteater waar mense uit die omgewing kan kom en hulleself kreatief kan uitleef met optredes en selfs gesprekke waardeur kritiese denke ontwikkel word. En ek sal graag ook ’n skryfskool wil begin ter ere van wyle P. J. Philander (’n Afrikaanse digter en skrywer, oospronkli­k van Caledon) wat jong mense die geleenthei­d gee om te leer hoe om prosa en poësie te skryf.”

 ?? ?? Heindrich gesels met bekendes en Jan Alleman in KLOP!.
Heindrich gesels met bekendes en Jan Alleman in KLOP!.
 ?? ?? Heindrich (regs) saam met die gaste Julian Tsepo (links) en klein Bubblegum.
Heindrich (regs) saam met die gaste Julian Tsepo (links) en klein Bubblegum.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa