TV Plus (Afrikaans)

’n Leerskool in slaapkamer­sake

Dr. Elna Rudolph en kie. takel kwessies oor seks, intimiteit en veiligheid.

-

Uit Die Slaapkamer

Seisoen 1 Woensdae VIA (*147) 21:00 (begin 6 Julie)

Dis ’n tameletjie-onderwerp. Dís hoe die onderwyser­es en aktrise Adri Vivier (medeaanbie­der van die leefstylre­eks Ouma Weet Mos) seks in ons eng Suid-Afrikaanse gemeenskap­pe beskryf. “Dit word nie vrylik bespreek nie en dit laat mense dikwels baie ongemaklik voel.”

Maar in die splinternu­we geselsprog­ram Uit Die Slaapkamer gaan Adri en twee ander paneellede – die akteur Neels van Jaarsveld (Ben Kruger in die dramareeks Fynskrif) en die sangeres Bianca le Grange – saam met die seksuoloog dr. Elna Rudolph intimiteit in alle aspekte bespreek. Slaapkamer­onderrig met die beste bedoelings!

’N MIDDEWEG

“In die program vind ons ’n mooi middeweg tussen die speelse en die ernstige,” sê Elna wat ons leer ken het in die geselsreek­s Minki met die TV-persoonlik­heid Minki van der Westhui

zen, waarin Elna haar eie insetsel oor seksuele gesondheid aangebied het. “Daar is tye wat ons stik van die lag wanneer oor intieme onderwerpe gepraat word, maar die hoofdoel van die program is om Jan Alleman te help om ’n gesonde sekslewe te lei en antwoorde op vrae te gee wat hulle nie noodwendig in die openbaar of selfs vir ’n vriend of geliefde wil vra nie.”

Wat Elna as mediese dokter (en uitvoerend­e raadslid van die Suid-Afrikaanse Seksuele Gesondheid­assosiasie en streeksekr­etaresse van die Wêreldasso­siasie vir Seksuele Gesondheid) in die reeks wil oordra, is inligting gegrond op navorsing om almal te help om hul beste sekslewe te geniet.

DRIE SEGMENTE

Elk van die 13 episodes in die reeks het drie segmente: “Uit Die Spreekkame­r is die eerste segment waartydens ons op mediese vrae fokus, soos of seks tydens menstruasi­e veilig is (episode 2, 13 Julie). In die tweede segment, Seks En My Kind, stuur ouers vrae in en soek raad oor intieme sake en die kleinspan, soos wanneer jou kinders jou dalk op heterdaad betrap (ook in episode 2). En die laaste segment, Uit Die Slaapkamer, handel oor meer intieme vrae, soos hoe om die passie weer in die slaapkamer aan te wakker (episode 4, 27 Julie), of hoe jy seksspeelg­oed kan gebruik (episode 6, 10 Augustus),” sê Elna.

DIE PANEEL

“Ek is so excited om deel van die paneel te wees en voel dit is die prefekte tyd in my lewe om so ’n onderwerp te bespreek,” sê Bianca. “Ek het altyd gewonder hoekom seks so taboe is terwyl dit ’n groot deel vorm van wie ons is.”

Elna sê Bianca was ’n verfrissen­de paneellid. “Sy het my oë oopgemaak vir hoe ’n gemeenskap, soos Eldorado Park in Johannesbu­rg, seks sien en dit hanteer. Wanneer ek byvoorbeel­d uit ’n mediese oogpunt wenke gee of medikasie voorstel, sal Bianca uitwys minderbevo­orregte mense gaan sukkel om dit te kry omdat geld dikwels min is. Of hul prioriteit­e is bloot op ander plekke.”

Adri bring ’n alternatie­we siening na gesprekke. “Sy is ’n wyse vrou,” sê Elna. “Haar kennis en ervaring van die wêreld lewer ’n groot bydrae tot die program en hou ons gebalansee­rd.”

Neels gee die manlike perspektie­f en glo kennis is mag. “Hoe meer ons oor die onderwerp praat, hoe beter,” sê hy. Neels beskryf Elna as “’n engel in ’n pen

cil skirt”. “Haar kennis is indrukwekk­end. Sy gaan beslis mense help met verskeie moontlike struikelbl­okke. Die reeks is die kyk werd, want dis vermaaklik, toeganklik, spontaan, opwindend en opvoedkund­ig,” meen Neels.

 ?? ?? Intieme sake word in dié reeks bespreek. Van links is Adri Vivier, dr. Elna Rudolph, Neels van Jaarsveld en Bianca le Grange.
Intieme sake word in dié reeks bespreek. Van links is Adri Vivier, dr. Elna Rudolph, Neels van Jaarsveld en Bianca le Grange.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa