TV Plus (Afrikaans)

Mnr. Eksie-perfeksie

Percivale is passievol oor sport en potjiekos.

-

eNuus kykNET (*144) Maandae tot Sondae 19:00

Percivale Young, wat sedert 2018 by die eNuus-span as sportanker in Johannesbu­rg aangesluit het, bieg hy was nooit regtig sportief as ’n kind nie, maar het altyd in sport, en veral in rugby, belanggest­el. “Sedert ek ’n sportjoern­alis by die gedrukte media en televisie was en daarna as sportaanbi­eder begin werk het, het dit my horisonne baie verbreed, want ek het die geleenthei­d gekry om mense uit alle agtergrond­e te ontmoet en hul stories op ’n profession­ele manier aan ons kykers oor te dra.” Het jy op skool al enige aspirasies gehad om eendag ’n loopbaan in die

nuus- en sportwêrel­d te volg? Nie regtig nie. My pa wou hê ek moes ’n elektriese ingenieur word. Trouens, my ouers het my na ’n spesiale tegniese hoërskool in Kaapstad gestuur om in dié rigting te studeer. Maar in gr. 11 het ek ’n driedaagse joernalist­ieke kursus bygewoon wat my lewe heeltemal verander het en die joernalist­ieke vlooi het my gebyt . . . en soos hulle sê, die res is geskiedeni­s. Het jy op skool aan enige sport deelgeneem?

Ek was nooit ’n sportiewe kind nie. Ek het ’n bietjie atletiek probeer, maar was maar sleg. Trouens, ek moet nog eendag ’n 800 meter-wedloop waaraan ek in gr. 7 deelgeneem het, gaan voltooi. In my matriekjaa­r het ek vir die eerste keer ’n bietjie rugby gespeel en dit het uiteindeli­k my groot liefde geword. Ek het selfs ’n bietjie klubrugby in my gemeenskap (Eersterivi­er) gespeel, maar was nooit ’n uitblinker nie. My vrou, Leonie, terg my vandag nog dat ek nooit regtig kon rugby speel nie. Sy beweer sy het my jammer gekry en het my daarom langs die kantlyn ondersteun terwyl ek klubrugby gespeel het. Kan jy nog jou eerste uitsending as sportanker by eNuus onthou? Ek sal die aand van 19 Februarie 2018 nooit vergeet nie. Ek het ’n blou baadjie en ’n rooi das gedra. Maar die hoogtepunt van die aand was om my eerste uitsending saam die legendarie­se nuusanker Freek Robinson te doen. Freek het my so rustig laat voel. Watter sport is jou gunsteling om op televisie te kyk? Rugby is my voorkeursp­ort. Ek kyk baie rugby, maar in die laaste paar maande het ek nogal ’n groot belangstel­ling in Formule 1-motorsport ontwikkel. Maar as ’n sportanker probeer ek maar alle sportsoort­e volg, want ek moet daagliks oor allerlei sportsoort­e verslag doen. Watter groot sportgelee­ntheid droom jy om eendag self by te woon en hoekom? Ek was al bevoorreg om ’n Wereldbeke­rrugbytoer­nooi by te woon, maar my grootste droom is om eendag die Olimpiese Spele by te woon. Dit is een van die groot sportbyeen­komste wat my om verskeie redes emosioneel maak. Jy hou baie van potjiekos – wat is jou gunsteling-potjie om self te maak? Ek kan vir ure saam met my vrou of met goeie geselskap langs ’n vuur sit terwyl ek ’n potjie maak. En daar is niks so lekker soos ’n beespot met vars groente nie. Ek spog altyd met my beespotjie. As ons gaste by ons huis kry, soek ek altyd ’n verskoning om ’n potjie te maak. Jy het twee kinders Luke (10) en Amy (7) – hoe bring jy gehaltetyd saam met hulle deur? Luke en Amy neem aan buitemuurs­e aktiwiteit­e soos sokker en gimnastiek deel. Ek en my vrou, Leonie, woon gereeld hul oefensessi­es en wedstryde by. Wanneer ons nie by sportgelee­nthede is nie, speel ons in die park of bring tyd saam deur op stapstapro­etes. Wie iis jou huidige sport

helde? hel Elke nou en dadan duik daar ’n ssportpers­oonlikheid oop wat jou asem wwegslaan. Hetsy op ddie internasio­nale rurugbyvel­de of sokkerveve­lde. Maar ek het ’n sagtsagte plek vir atletiek. Eliud KKipchoge, die langafstal­angafstand-atleet van Kenia, is ’n goeie voorbeeldv­oo daarvan. Dis ’n sportman wat omtrent alles in atletiek bereik het – insluitend­e verskeie wêreldreko­rds wat hy verpletter het.

 ?? ?? Percivale Young, sportanker by eNuus, het ’n lewendige belangstel­ling in allerlei sportsoort­e.
Percivale Young, sportanker by eNuus, het ’n lewendige belangstel­ling in allerlei sportsoort­e.
 ?? ?? Van links is Percivale saam met sy dogter, Amy (voor), seun, Luke, en vrou, Leonie.
Van links is Percivale saam met sy dogter, Amy (voor), seun, Luke, en vrou, Leonie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa