TV Plus (Afrikaans)

Sjarmante heer

Armand wil glad nie soos Dawid wees nie.

-

Troukoors

Seisoen 1 Sondae kykNET (*144) 20:00

Ons het die akteur Armand Aucamp al in verskeie rolle gesien, van Jan van Riebeeck in die rolprent Krotoa tot die skrywer Tom Niemandt in die treffer-dramareeks Die Boekklub. En nou sien ons hom Sondagaand­e as die pierewaaie­r Dawid in die ligte romkomreek­s Troukoors op kykNET. “Ek sou nie omgegee het om soos sommige van die karakters soos Tom, wat ek voorheen vertolk het, te wees nie. Maar een ding is seker, ek wil beslis nie soos Dawid wees nie,” bieg hy. “Al is Dawid sjarmant, het hy ’n yslike ego, is boonop chauvinist­ies en glo ’n vrou moet haar plek ken. Daar is ’n sekere manier om dinge te doen, maar Dawid se manier is beslis nie die beste of regte manier nie. Hy is eintlik alles wat ’n man nie moet wees nie,” voeg hy by.

TOKSIESE VERHOUDING

Die verhouding tussen Dawid en sy meisie, die sprankelen­de troubeplan­ner

Jessica (Ilse-Lee van Niekerk) is boonop ’n toksiese verhouding, sê Armand. “Jessica is vir Dawid ’n trofee en sy is pragtig en vervul beslis daardie rol. Hy beskou haar ook as ’n uitdaging om aan sy sy te hê en sien dit eintlik as ’n speletjie,” voeg hy by. Jessica kan haarself aan die begin van die reeks nie so goed laat geld teen Dawid se manipulere­nde persoonlik­heid nie, maar mettertyd begin sy al hoe meer selfvertro­ue ontwikkel, lap hy so ’n bietjie van die storielyn uit.

VERFRISSEN­DE REEKS

Armand, wat in Kaapstad woon, vertel hy het nie twee keer gedink om ’n oudisie vir die rol van Dawid te doen nie. “Ek, Louis Pretorius en Albert Snyman, die vervaardig­ers van Troukoors, stap reeds ’n lang pad – ek het met drie seisoene van Die Boekklub saam met hulle gewerk en hulle is ’n wenspan. Met Troukoors het dit soos ’n tuiskoms gevoel,” sê hy.

Troukoors is wel ’n ander genre as Die Boekklub. “Nina Swart, die regisseur, het die reeks tydens die voorproduk­sie goed opgesom en gesê dit is so verfrissen­d en borrelend soos ’n glas sjampanje,” sê hy. “Daar’s beslis plek vir die swaarder dramareeks­e, maar talle kykers soek ook ligter vermaak.”

Nóg ’n pluspunt van Troukoors is verskeie akteurs wat voorheen net kleiner rolle speel het, het met Troukoors die geleenthei­d gekry om groter rolle te speel. Hy noem as voorbeeld Bianca

Flanders (sy was in 2021 Chrissie in die dramareeks Nêrens, Noord-Kaap), wat Abi in die reeks speel.

KOSMAAK EN ENTREPRENE­UR

Armand is innoverend op verskeie terreine en sy vaardighed­e strek veel verder as toneelspel. Hy het in 2018 ’n kookboek Armand Kook Kaal, met laekoolhid­raatgeregt­e uitgereik en daarna het sy gelyknamig­e kookprogra­m gevolg. Armand Kook Kaal, volume 2, het verlede jaar die lig gesien en hy wil in die nabye toekoms ’n derde kookboek skryf. “Ek sal seker by die laekoolhid­raatgeregt­e hou, want tot dusver het die handelsmer­k vir my gewerk,” sê hy.

Tydens die grendeltyd in 2020 het hy nóg ’n sprong in die diep kant gewaag en die eerste Afrikaanse maatsoek-toepassing Koer bekendgest­el. “Koer is my baba waarop ek baie trots is, en die

app het nou reeds gegroei tot 50 000 intekenare. ’n Televisie-afspraakpr­ogram is ook in die pyplyn, maar ’n paar dinge moet nog eers gereël word,” vertel hy geesdrifti­g.

MUSIEKROLP­RENT

Armand vertoon binnekort sy musikale talent in die musiekrolp­rent Mense

Van Die Wind (wat op Showmax of Box Office uitgesaai gaan word). “Ek sing agt liedjies waaronder Kinders Van Die Wind, Ek Verlang Na Jou, en Sonvanger in die rolprent. Dis spesiaal vir my vokale vermoëns getoonset,” sê Armand wat op skool klavierles­se geneem en onlangs weer agter die klawers ingeskuif het.

Dan wag daar nóg ’n Engelse fliek The Gang, waarin hy ’n flambojant­e, gay man Gigi speel en wat einde vanjaar uitgereik word. Wees ook op die uitkyk vir Armand as Lucas Eloff in die raaiselree­ks Spoorloos: Die Eiland, wat Dinsdag 19 Julie op kykNET begin (lees meer oor die reeks in ons volgende uitgawe).

Die 35-jarige akteur sê die grootste les wat hy geleer het sedert sy dramastudi­e – wat hy in 2009 voltooi het – is om geduld te hê. “Jy moet geduldig wees wanneer jy wag vir werk wat moet inkom, tydens die produksie moet jy ook geduldig wees, want dit is dikwels ’n kwessie van hurry up and

wait, en ná die produksie moet jy weer geduldig wag op nuwe werk wat na jou kant toe moet kom.”

En so moet ons ook maar geduldig wag om hom in sy volgende projekte te sien.

 ?? ?? Armand Aucamp is te sien as die chauvinist­iese Dawid in die romantiese komedieree­ks Troukoors.
Armand Aucamp is te sien as die chauvinist­iese Dawid in die romantiese komedieree­ks Troukoors.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa