TV Plus (Afrikaans)

Die groot val

Wat skuil agter die skerms in die dramareeks oor ware misdaad The Staircase? ’n Ware moord, verdoeseli­ng en leuens.

-

The Staircase

Seisoen 1 Maandae M-Net (*101) 21:30

Die dramaprogr­am The Staircase is vars uit die VSA vinnig op die skedule geplaas, want dis so ’n fassineren­de storie. Dit vertel van die werklike verhoor van die skrywer Michael Peterson in 2003. Dis meer van ’n produksie as die meeste verhore in die VSA, want die moordbesku­ldigde Michael het sy onskuld probeer verklaar deur ’n dokkie daaroor te maak nog voor hy in die hof was. “Toe ek die draaiboek lees, het ek dadelik geweet ek wil dié projek aanpak,” sê die hoofster Colin Firth (Galahad in die aksiespioe­nfliekfran­chise Kingsman). “Ek het niks van Michael geweet nie, van die moord óf die dokumentêr­e program wat hy gemaak het nie. Ek het dus vars ingekom en dit het my waardering vir die werk van die polisiespe­urders verander, want dié man het ’n sirkus gemaak van ’n ernstige misdaad om die aandag af te lei dat hy ’n moordenaar is.”

LEUENAAR

In episode 1 (27 Junie), bel Michael 9-1-1 om aan te meld hy het sy vrou, Kathleen (Toni Collette, Ellen Sanders in die dramareeks Hostages) aan die voet van die trap in hul huis in Noord-Carolina gekry en bloed stroom uit haar kop. “Dis duidelik hy het dit gedoen,” sê Colin.

“Hy vertel die operateur Kathy was dronk en het geval en haarself beseer. Dis ’n leuen en niemand glo hom nie.”

In episode 2, gaan Michael se stiefdogte­r, Caitlin (Olivia DeJonge, Priscilla Presley in die 2022-biofilm Elvis) tot ’n verstommen­de besef kom nadat sy aanvanklik Michael se bewerings van sy onskuld geglo het. “Michael onthul hy is biseksueel. Die familie – insluitend­e sy seuns uit sy vorige huwelik – aanvaar die nuus. Caitlin aanvaar (haar stiefpa hou ook van mans), maar sy weet ook daar is jare lank vir haar gelieg. En dit laat haar die ergste vrees [dat hy weer lieg],” verduideli­k Colin.

GROOT VERTOON

Om sy aansien te red, doen Michael wat hy as ’n politikus in die gemeenskap geleer het: Hy verdraai die situasie sodat hy soos ’n deernisvol­le, liefdevoll­e man lyk deur ’n filmspan te huur om ’n dokkie oor hom te maak in episode 3 (lees meer hieronder). “Dis ’n vreemde ding om te doen indien jy onskuldig is, om ’n groep kunstenaar­s te huur om jou verhaal te vertel,” sê Colin, en voeg by: “Ons delf eers halfpad deur episode 2 in die kern van dié bisarre verhaal. Dan tel dit spoed op. Kykers sien hoe die outopsieve­rslag een storie vertel, terwyl Michael se prokureur David Rudolf (Michael Stuhlbarg, Jimmy Baxter in die dramareeks oor ware misdaad Your Honor) ’n span kenners van misdaadton­ele saamstel wat iets heeltemal anders sê. Wie lieg, waarom? Dis nie moeilik om uit te pluis nie.”

BRONNE

Die akteurs het toegang gehad tot baie filmmateri­aal en het die gelyknamig­e 2004-dokkieflie­k ontleed om beter te verstaan wat hulle aanpak. “Ons kyk na ’n moord, die regstelsel, asook hoe filmmakers ’n storie vertel en soms verkeerd is,” sê Toni. “My karakter kry nie baie tyd op die skerm nie, maar haar verhaal is die kern. Kathleen is vermoor en haar moordenaar het alles in sy vermoë gedoen om haar uit te beeld as ’n dronkie wat twee keer geval het en noodlottig beseer is. Kykers sal weet wat aangaan en hoe een man ’n storie vertel het wat ’n leuen was . . . en hy kom grotendeel­s daarmee weg.”

 ?? ?? Kathleen (links agter) het geen idee gehad haar man, Michael (regs agter) gaan haar aan die voet van dieselfde trap vermoor
Kathleen (links agter) het geen idee gehad haar man, Michael (regs agter) gaan haar aan die voet van dieselfde trap vermoor
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa