TV Plus (Afrikaans)

Plunder en handel

Só het Vikings: The Rise And Fall sy skepe gereed gemaak vir sy plundervaa­rt na die verlede.

-

Vikings: The Rise And Fall

Seisoen 1 Woensdae National Geographic (*181) 21:00 (begin 29 Junie)

Aanhangers van historiese dramareeks­e soos Vikings, Vikings Valhalla, of The Last Kingdom – National Geographic se nuutste dokkiereek­s Vikings: The Rise And Fall is die beste agter-die-skerms-program nóg!

Die reeks is kompleet met die dramatiser­ing van tonele deur kenners van Hands On History en die Ribe VikingeCen­ter, en histories korrekte kostuums en rekwisiete. Dit neem ons op ’n reis van 300 jaar deur die opgang van die Wikings, hul vroegste avonture langs die Skandinawi­ese kus, tot groot ekspedisie­s om York in Brittanje te plunder, Parys te beset, en handel te dryf en terreur te saai deur die ooste van Rusland tot in Bagdad en die weste van Noord-Amerika. Ons het met die vervaardig­er Anna O’Malley gesels oor Vikings: The Rise And Fall. Sy was ook een van die vervaardig­ers van Vikings en Vikings Valhalla (en die treffende periodedra­mareeks Bridgerton).

ANNA SE WIKINGREIS

Wat was jou beginpunt vir Vikings: The Rise And Fall? Ek het sowat 10 jaar gelede gewerk aan Vikings, die TV-reeks vir die History Channel (*186). Daarna was ek voorverled­e jaar die uitvoerend­e vervaardig­er vir Vikings Valhalla vir Netflix. En ek wou nog altyd ’n dokumentêr­e program oor die Vikings maak. Ek was in kontak met Daniel Sharp, wat Dash Pictures bestuur, en ons het saam met die idee vorendag gekom. Ons het die navorsing tydens die inperking (van Maart tot Mei 2020) gedoen. Feitlik almal wat jy in die program sien – insluitend­e Stefan Brink (professor van Skandinawi­ese studies, Universite­it Van Cambridge), Cat Jarman (bioargeolo­og en skrywer van The River Kings) en Søren Michael Sindbæk (’n argeoloog by die Universite­it Van Aarhus) – ek het met hul boeke begin. En al die soort bronne wat hulle gehad het. Ek het hulle probeer kontak om ’n onderhoud te voer. Almal in die Wikingwêre­ld ken mekaar, hulle lei jou dus na die volgende persoon. Nadat ek klaar gelees het, het ek nog inligting bekom deur met almal te gesels.

Vanwaar het julle kostuums en rekwisiete gekry? Kon julle enigiets hergebruik van die twee vorige Wikingreek­se? waaraan jy gewerk het? Ons het daarna gekyk – wat ons kon gebruik en of dit kan werk. Maar uiteindeli­k het ons in aanraking gekom met ’n maatskappy genaamd Hands On History. Hulle is historici, en hulle wou alles so akkuraat moontlik hê. Ek het geweet watter soort goed ons sou benodig danksy my werk aan TVprogramm­e. En ons dek van die jaar 793 tot by 1066, baie tyd is dus bestee om elke era per episode korrek te kry. Ons sou dit nie kon doen sonder historiese konsultant­e nie. Ons wou hê historici wat die program kyk, moes opgewonde raak, want dit is korrek!

Waar presies kan ons dit sien? In een van die episodes (episode 3) dek ons die ooste. Daar is baie goed in daardie episode wat mense nog nie voorheen gesien het nie. Ons delf in die handelsnet­werke. En wat ons sien is visueel baie anders as in die ander episodes. Hoe het julle saam met Hands On History en Ribe VikingeCen­ter gewerk? Pleks van akteurs (in die reeks) te gebruik, het ons mense gebruik wat tonele dramatisee­r. The Ribe VikingeCen­ter is ’n sentrum waar mense soos Wikings leef. Hulle weet presies hoe om te leef (as Wikings) en hulle het in die klere en Wiking-goed belê. Ons het hulle vir drie of vier dae (by Ribe) dopgehou. Hands On History was deel daarvan. Hul konsultant­e het ons gehelp om kontak te maak met mense wêreldwyd wat historiese tydperke dramatisee­r. Baie van hulle werk in spesifiek een tydperk, op een plek. Deur met hulle te praat, kon ons hulle in die een of ander episode plaas.

Waarop het jy antwoorde gesoek? In watter mate het Wikings by samelewing­s geïntegree­r, hoe het hulle verander van mense wat dorpe aanval tot hulle deel van die samelewing geword het. En ons weet nog nie alles nie! Ou argeologie­se terreine oopgegrawe met meer inligting word steeds oopgegrawe.

 ?? ??
 ?? ?? Die reeks verken ook die rol van Wikingvrou­e, vanaf handelaars en boere, tot krygers en hekse.
Die reeks verken ook die rol van Wikingvrou­e, vanaf handelaars en boere, tot krygers en hekse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa