TV Plus (Afrikaans)

Trauma en tragedie

Angel het ’n miskraam en Priester probeer haar beheer.

-

“Dit was nooit Angel (Chelsea Faith Thomas) se plan om met Priester (Whaden Johannes) te trou nie,” sê Chelsea. “Maar toe sy (in Junie) onverwags swanger raak en haar aunty

Ingrid (Rehane Abrahams) en Priester aanhoudend daaroor praat en dat dit die beste vir die baba sou wees, het sy ingegee en besluit om wel te trou.”

Nou is sy vasgevang by ’n man en haar tannie wat glad nie Angel se beste belange op die hart dra nie, en Angel bly blind vir dié harde waarheid. Selfs wanneer Angel ’n tragiese gebeurteni­s beleef, probeer Priester haar manipuleer. Maar daar is dalk iemand wat kan help om Angel te laat besef wie werklik aan haar kant is . . .

BEHEERVRAA­T

Priester wys eintlik van meet af aan sy ware kleure wanneer hy vinnig-vinnig geïrriteer­d raak met Angel en hoe sy optree. “Omdat sy swanger is, voel Angel nie baie lekker nie en wil natuurlik net ’n bietjie rus en alleen wees, maar Priester duld dit glad nie,” verklap Chelsea. “Hy wil hê sy moet doen presies wat hy sê en regstaan vir hom.” En dinge raak nie beter nie, want Priester gaan so ver soos om Angel te verbied om verder by die boksklub te werk terwyl sy swanger is. En geleidelik begin hy al haar bewegings beheer.

REG OM WEER TE PROBEER

Die spanning – en Priester wat alles wat sy doen met ’n arendsoog dophou – eis sy tol, en Angel het ’n miskraam. “Albei is devasted daaroor,” sê Chelsea. “Priester is dadelik vuur en vlam om weer te probeer swanger raak al probeer Angel nog die miskraam verwerk,” sê Chelsea.

Angel raak depressief en weet nie waar om hulp te soek nie, maar dan lyk dit asof iemand haar dalk uit die gemors kan red. Eva (Devonecia Swartz) – een van Angel se kennisse – weet maar al te goed hoe dit voel om in ’n huwelik vasgevang te wees met ’n man wat mag oor sy vrou uitoefen. Haar eks, Mario (Dean Balie), het haar as jong meisie gemanipule­er om te glo net hy het haar lief en het haar lewe beheer. Eva sien die tekens wat ander miskyk in Angel raak omdat sy dit self ervaar het, en wil haar help. “Eva reik uit na Angel en probeer op ’n subtiele manier vir haar wys sy is in ’n toksiese verhouding,” sê Chelsea. Nou hoop ons net Angel kom tot haar sinne en kom weg van Priester, want so kan dinge nie aangaan nie.

VERLEDE KEER

Beatrice het Angel probeer oorreed om die troue af te stel, Anton was geskok om sy eksmeisie Nicolene weer in Arendsvlei te sien, Lee-Roy het by die Hoërskool Arendsvlei begin skoolhou, en Tally en Parra het besluit dis tyd om Arendsvlei te verlaat.

IN DIÉ UITGAWE

Lionel blameer Wesley wanneer hy geld in ’n weddenskap verloor, Jamie voel bykomende druk wanneer Mic ’n nuwe skoolgelee­ntheid voorstel, en later word Jamie flou van al die spanning. Janice wil weet hoekom daar krapperigh­eid tussen Lionel en Wes is, Priester raas met Angel, en daar is ’n skokkende ontwikkeli­ng met Angel se swangerska­p. Nicolene is platgeslaa­n wanneer sy die waarheid oor haar verloofde uitvind, Janice is woedend vir Lionel, en die Le Fleurs maak planne vir die toekoms. Justin probeer om weer in Nicolene se goeie boekies te kom, maar Anton gaan dit nie sommer so los nie. Anton paai ’n bekommerde Hein, Angel voel onrustig oor Priester se toenemende pogings om haar te beheer, en Beatrice berispe Mic oor haar aandeel in Jamie se ineenstort­ing. Bianca spits haar ore wanneer sy hoor Thys gaan ’n “vryheidspa­rtytjie” hou, Eva is bekommerd oor Angel en Priester se verhouding, en Justin vervloek Nicolene. Debra organiseer die bekendstel­ling van Mortlocks, maar Ingrid versuur die geleenthei­d met haar ongenooide verskyning, en Bianca probeer om Thys se aandag te trek, maar hy sien dit nie raak nie. Nicolene en Anton is die gelukkigst­e twee duifies, en iemand in die Arendsvlei-gemeenskap sterf, maar vertel Debra eers ’n belangrike geheim.

 ?? ?? Priester (regs) troos Angel (links) ná haar miskraam maar hy het klaar ander planne om ’n gesin te begin.
Priester (regs) troos Angel (links) ná haar miskraam maar hy het klaar ander planne om ’n gesin te begin.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa