TV Plus (Afrikaans)

Pelle sit vas oor geld

Wade se besigheid saam met Justin maak Ty bekommerd.

-

Justin (Eden Classens) en Wade (Dean John Smith) het ’n sterk vriendskap­sband. Daarom dink Wade nie twee keer om saam met Justin besigheid te doen wanneer die kans opduik nie, al is sy ouer broer, Ty (Maurice Paige), sterk daarteen gekant. “Wade het al vroeër saam met Justin probeer werk by SoundBar, Justin se partytjie-agentskap wat DJ by events soos verjaardag­partytjies, maar dinge het nie lekker uitgewerk nie,” sê Dean. Maar dié keer is Wade en Justin oortuig dis volhoubaar om hul eiers in een mandjie te gooi, en Wade bedank as kroegman by Die Anker.

WILDE IDEES

“Ty dink dit is nog een van Wade se wilde idees wat op niks gaan uitloop nie,” sê Dean. “Wade span weer die wa voor die perde en gee ’n stabiele werk prys. Ty het hierdie scenario al voorheen sien afspeel en uiteindeli­k sit Wade sonder ’n inkomste, en dít veroorsaak konflik tussen die broers.” Ty besluit om Wade die harde realiteit van sy keuses te wys. “Ty dink as Wade nie wil hoor nie, moet hy voel. Hy sê vir Wade hy gaan ophou om Wade finansieel by te staan en te beskerm. Wade moet nou volle huur betaal, of nog beter, sy eie plek kry.”

TY WORD NIE GENOOI NIE

Wade staan sy man en besluit hy gaan Ty wys hy kan op sy eie regkom. Ty se broederlie­fde oorwin sy irritasie en hy wens Wade uiteindeli­k sterkte toe met sy nuwe besigheid saam met Justin.

Die dag van SoundBar se nuwe werksgelee­ntheid breek aan, en almal word genooi behalwe Ty. “Wade is bang as dinge flop, gaan Ty dit teen hom gebruik, al het Ty gesê hy hoop dinge werk uit,” sê Dean. “Wade is net senuweeagt­ig vir die eerste gig en het nie nog die druk van Ty se teenwoordi­gheid nodig op dié aand nie.”

DUUR GASTE

Alles verloop vlot en almal is beïndruk met SoundBar se eerste geleenthei­d. Wade dink egter daar is ruimte vir verbeterin­g en dis wanneer sy meisie, Angie (Char Carrie), ’n blink idee kry: “Angie dink celebs sal help om die gig op almal se radar te sit, maar sy besef nie so iets kos geld nie.

Daar is dus ’n misverstan­d en Justin kry ’n faktuur vir die celebs se verskyning­s nadat hulle die gig bygewoon het, wat groot probleme vir die manne veroorsaak,” sê Dean.

Dit lyk of die doemprofee­t Ty tog reg was . . .

VERLEDE KEER

Zoe was geskok toe sy uitvind sy was nooit swanger nie, Justin en Wade is deur ’n groot uitdaging in die gesig gestaar, Elana het Maggie en Ryno onder haar vlerk geneem, en Retha was ongelukkig met Elana wat nie ernstig oor hul verhouding was nie.

IN DIÉ UITGAWE

Wade moet finaal besluit waar sy lojaliteit lê, en Retha verras Elana. Zoe het nie haar spore so goed doodgevee soos sy gedink het nie, en Ty is briesend wanneer hy uitvind Wade het sy werk bedank, maar Wade voel sy ouboet moet meer ondersteun­end wees. Zoe is paniekerig, Elana en Retha se verhouding neem ’n wending, en Bridgette probeer agter die waarheid kom oor wat Zoe so pla. Wade wil Ty weghou van Soundbar (Wade en Justin se besigheid) se eerste optrede, en Tim beraam ’n plan om Zoe uit haar groot penarie te help.

Angie se blink plan vir Justin en Wade se besigheid loop skeef, Ryno besluit oor sy toekoms, en Wade, Angie en Justin sit vas oor die enorme fooi wat hulle moet betaal. Ryno kry goeie nuus en Tim hoop steeds hy kan Zoe terugwen, Zoe se besluite bekommer haar familie, en Nazeem probeer Rhafiek help. Maggie en Ryno maak reg vir hul groot trek, Bridgette kan nie haar agterdog afskud nie, en Chris hoor Tim het ’n dokter omgekoop. Carlo sien iets wat nie vir sy oë bedoel was nie, Bridgette is diep ontsteld wanneer sy uitvind Tim en Zoe probeer versoen, en Ryno is gefrustree­rd met Elana wat Maggie se ambisies aanvuur. Bridgette neem standpunt in oor Tim en Zoe, Elana stamp koppe met Ryno, en Ty moet ’n ongemaklik­e gesprek met sy seun voer.

 ?? ?? Justin (links) en Wade (regs) is opgewonde oor hul nuwe besigheid SoundBar.
Justin (links) en Wade (regs) is opgewonde oor hul nuwe besigheid SoundBar.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa