TV Plus (Afrikaans)

Groot versoeking

Liam se been begin weer pyn, pasiënte se pille verdwyn en almal is agterdogti­g.

-

Net wanneer dr. Liam Vorster (David Viviers) dink hy het die storm trotseer, pak donker wolke weer om hom saam. Eers moes hy sy droomwerk as ongevalled­okter by die Binneland-kliniek prysgee toe hy in Mei na ’n rehabilita­siesentrum is vir sy pilverslaw­ing, en al het hy nou sy werk teruggekry, beleef hy ’n terugslag: Sy been – wat in 2021 weens ’n bergklim-ongeluk geamputeer is – word weer seer. Kort daarna begin pasiënte se pynmedikas­ie verdwyn, en almal wat bewus is van Liam se verslawing­sprobleem, vermoed Liam is die een wat dit vat.

IN DIE VERSOEKING

Verpleegst­er Karen (Luandri Reynders) gee baie om vir Liam en hoop selfs daar kan eendag ’n verhouding tussen hulle wees, maar sy is baie bekommerd Liam het geswig voor sy drange wanneer sy hoor pasiënte se pynpille kry voete. “Sy wil graag met Liam daaroor praat, want sy wil hom bo alles beskerm, maar sy weet nie hoe nie,” sê Luandri.

Verpleegst­er Gaby (Maude Sandham), Karen se bestie, sê Karen moet Liam eerder ruimte gee en vertrou as om hom van iets te beskuldig. Maar Karen sien gevaarligt­e flikker wanneer sy hoor Liam het vir oom Rodney (Wilson Dunster), wat ’n heupoperas­ie gehad het, pynpille gegee nadat sy oom Rodney verpleeg het, maar oom Rondey sê sy pille is weg. Karen dink dit is ’n duidelike vingerwysi­ng na Liam.

BAIE OP DIE SPEL

Intussen keil die pyn in Liam se been hom behoorlik op. “Liam voel oorweldig,” sê David. “Hy weet daar is baie op die spel. Hy wil graag ’n sukses van sy tweede kans maak, maar die versoeking om die pyn stil te maak, raak al hoe groter.”

Oom Rodney kla by Karen oor die pyn in sy heup en dit het Karen nou omtrent op hol, want dit lyk asof oom Rodney nooit sy pille kry nie. En asof sy nie genoeg probleme het nie wonder suster Naomi (Jeani Swiegelaar) hardop of iemand nie oom Rodney se pynpille gesteel het nie.

Karen vra dr. Zee (Mila Guy), wat bewus is van Liam se verslawing, om Liam vir dwelms te toets. “Liam stem in om dit doen wanneer Zee hom vra, want hy het vroeër vir Zee belowe sy kan hom enige tyd toets om seker te maak hy bly skoon – op voorwaarde dat Zee sy verslawing ’n geheim hou en nie hul baas dr. Tertius (Reynardt Hugo), die hoof van ongevalle, daarvan te vertel tot Liam self reg is om Tertius te vertel nie,” sê David.

VERTROUENS­BREUK

Liam se resultate kom terug en hy is skoon, maar hy is smoorkwaad wanneer hy hoor Karen het Zee gevra om hom te toets. “Dit lyk weer asof Karen hom nie vertrou nie en dit laat hulle net al hoe verder van mekaar af wegdryf,” sê David.

Dan begin ander pasiënte ook kla oor hul pynmedisyn­e wat verdwyn. En omdat pasiënte se gesondheid nou in die gedrang is, besluit Gaby sy kan nie meer stilbly nie en vertel haar halfbroer Tertius van Liam se verslawing en dat hy moontlik die pille steel. “Liam is uiters geskok wanneer Tertius hom oor sy verslawing konfrontee­r en sommer tydelik skors,” verklap David.

Karen is ysig teenoor Gaby oor wat Gaby gedoen het, en om dinge te vererger, trek Liam by Karen en Gaby se woonstel uit omdat hy hulle nie meer kan vertrou nie.

Die spanning loop hoog in die hospitaal en ’n ondersoek na die pille wat verdwyn, word geloods.

Is dit moontlik dat Liam dit wel steel en sy dwelmtoets op een of ander manier gedokter het?

• Lees meer op bl. 47.

 ?? ?? Liam (inlas) is briesend vir Gaby (links) en Karen wanneer sy geheim oor sy verslawing uitkom.
Liam (inlas) is briesend vir Gaby (links) en Karen wanneer sy geheim oor sy verslawing uitkom.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa