TV Plus (Afrikaans)

Groot pret en plesier

Elise doen alles om Uys te beïndruk om sy woonstelma­at te word.

-

Die mediese verteenwoo­rdiger Elise Kruger (Lindie Stander) is weer in die omgewing en haar soektog na ’n blyplek gaan vir komiese oomblikke sorg. Sy is vir tyd en wyl besig met sake by die Binneland-kliniek en wil nie in ’n hotel bly nie – dis darem net te onpersoonl­ik vir dié kleurvolle karakter. Boonop is haar geld min. Dit lyk asof dinge in haar guns werk, want dr. Uys (Gerald Steyn) is juis op soek na ’n woonstelma­at. “Uys bly in ’n drieslaapk­amer-woonstel en het besluit om die een kamer in ’n kantoor te omskep terwyl die ander een vir ’n woonstelma­at beskikbaar is,” sê Gerald. Elise is baie opgewonde oor die nuus, maar sy het mededingin­g, want die paramediku­s Danny (Bradley Olivier) soek ook blyplek. Maar Elise skram mos nie van

’n uitdaging weg nie.

WEN GABY SE GUNS

“Elise maak geselsies met

Gaby (Maude Sandham), Uys se meisie, en vertel Gaby ’n

sob-story oor hoe sy nie ’n plek op haar eie kan bekostig nie en dat Gaby nie hoef te worry as sy Uys se woonstelma­at is nie, want ’n vrou van haar ouderdom sal nie enige moves op Uys maak nie,” sê Lindie. Gaby kry Elise jammer en stel haar gerus dat Elise haar ondersteun­ing het en sy ’n goeie woordjie by Uys sal doen.

Danny is glad nie beïndruk wanneer hy hoor Gaby steun Elise nie. “Danny weet nog nie van Uys se planne om die derde kamer in ’n kantoor te omskep nie en dink as hy saam met Elise en Uys moet bly, gaan hy nie rus vir sy siel kry nie, want Elise is net een te veel om te hanteer,” sê Gerald.

En wanneer Danny later hoor daar is net een kamer beskikbaar, glo hy dit kom hom wat Danny is toe.

PAK DIE STRYD AAN

Danny en Elise plaas druk op Uys om te besluit wie by hom gaan intrek, maar

Uys weier om te kies en sê Danny en Elise moet self onderling besluit. En Elise laat nie op haar wag nie. “Sy kry die blink plan om ’n live drawing class (waar jy ’n naak persoon skilder) in die woonstel te hou en so vir Uys te beïndruk,” sê Lindie.

Danny dink dit gaan ’n groot flop wees, maar tot Danny en Gaby se verbasing geniet Uys dit wanneer hulle die volgende dag in die deurmekaar woonstel instap, waar boonop ’n spontane partytjie ontstaan het.

Elise trek kort daarna amptelik in en Gaby besef gou dit was nie ’n goeie idee nie. Gaby raak skoon jaloers omdat Elise en Uys soveel pret saam het. “Elise bring ongetwyfel­d Uys se wilde kant uit,” sê Gerald. “Weens die erns van sy werk as dokter hou hy juis daarvan, want dit laat hom ontspan.”

Hoe lank Gaby dit gaan toelaat, weet ons nie – Danny moet dalk sy tasse gepak hou.

VERLEDE KEER

Dawid se belangstel­ling in Annelize was duidelik, die regte Wessel Mouton – Annelize se halfbroer – het sy verskyning gemaak, Liam se onsekerhei­d het spanning tussen Karen en Gaby veroorsaak, en Tertius het Danny raad oor Elise gegee.

IN DIÉ UITGAWE

Elise se geheime wapen maak Gaby nie so opgewonde soos vir Uys nie, Dawid maak ’n skokkende aankondigi­ng, en Gaby wonder wat tussen Karen en Liam aan die gang is. Chiron maak die Binneland-kliniek ’n baie goeie aanbod, Wessel is verras wanneer Steve met hom praat oor Annelize, en Karen se konfrontas­ie met Liam gaan nie ongesiens verby nie. Annelize is in ’n slegte bui, Tertius soek na vermiste medikasie, en At vra Louis ’n baie groot guns. Daar is beslis spanning tussen Zee en Gaby, Danny moet mooi dink oor Louis se aanbod, en Steve praat Annelize moed in wanneer sy oor Chiron se aanbod moet besluit. Wessel is ’n gewilde man wat besoekers betref, Naomi se nuus gee Tertius baie om oor na te dink, en Liam praat met Zee oor sy toekoms.

Louis en Naomi is bekommerd oor At en Delia, Tracy is beswaard oor verwerping, en Danny reël vir Louis ’n verrassing. Karen moet vrede maak met haar omstandigh­ede, Rian se tuiskoms verskaf blydskap vir meer as een vrou, en Conrad besef hy word by ’n nuwe familiedin­amiek uitgesluit. Delia dink At gaan te ver, Gaby beperk Uys se avontuurlu­s, en Conrad soek antwoorde. At is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, Annelize probeer seker maak ander onderhande­linge word nie vergeet nie, en Dawid wil oop kaarte speel. Delia het ’n uitnodigin­g vir Conrad, Uys is bekommerd oor Gaby se gevoelens, en Annelize kry ’n oproep van Dawid.

 ?? ?? Elise gaan alles in haar vermoë doen om Uys (inlas) te oortuig sy is die perfekte woonstelma­at.
Elise gaan alles in haar vermoë doen om Uys (inlas) te oortuig sy is die perfekte woonstelma­at.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa