TV Plus (Afrikaans)

Tussen twee vure

Nesie se familie plaas druk op haar om Petro terug te neem.

-

Die kelnerin Nesie (Melissa Massyn) het ’n voorgevoel gehad haar familie gaan een of ander tyd aan haar deur klop, en dat dit nie ’n gewone familiekui­ertjie gaan wees nie . . . En sy was toe reg. Nesie se ma, Nytjie (Monique Nortjé) kom kuier inderdaad en dring by Nesie en haar rugbyspele­r-man Buks (Adriaan Marias) aan, om Nesie se niggie se kind, Petro (Méla Swanepoel), as hul pleegkind in te neem. Natuurlik is dit nie ’n maklike besluit vir die jong getroude paartjie nie.

VERDEELDE LOJALITEIT­E

Nesie, wat ook ’n wil van haar eie het, stamp gereeld koppe met haar dominerend­e ma en Nesie weier eers. “Nesie was uit die staanspoor vies vir haar ma oor die versoek omdat sy weet Buks het ’n sagte hart en gaan maklik toegee,” sê Melissa.

Boonop het Nesie se ma haar pa, Grease (Matt Stern) en ouma Nonnie (Hélène Truter) saamgeslee­p om Nesie en Buks te oorreed om Petro weer onder hul vlerk te neem soos hulle ’n tyd gelede gedoen het toe Petro se ma in ’n rehabilita­siesentrum was. “Nesie is nou tussen ’n rock and a hard place want sy gee baie om vir Petro, maar wil ook haar eie drome verwesenli­k en deur die wêreld reis.

Sy sien nie nou al kans vir die groot verantwoor­delikheid om ’n kind groot te maak nie,” sê Melissa.

NÓG ’N BEMIDDELAA­R

Terwyl Nesie nog wik en weeg, laat Nytjie en Nonnie nie gras onder hul voete groei nie. Hulle besoek Nesie se baas Magda

(Elzabé Zietsman), by Pottie’s en pols Magda om te hoor of Nesie haar werk by die kuierplek sal verloor indien Nesie nou moet kind grootmaak.

“Magda antwoord dadelik nee, en toe vra Nonnie en Nytjie Magda om hulle te help om Nesie te oorreed om Petro as pleegkind in te neem,” sê Melissa.

Nesie verander dan later van sienswyse wanneer haar ma haar wyse raad gee: “Nonnie sê eerstens vir Nesie Petro is bloedfamil­ie en het ’n huis en liefde nodig. En al voel dit nou vir Nesie of sy ’n berg moet uitklim, gaan dit die beste ding wees wat sy ooit in haar lewe gaan doen,” voeg Melissa by.

Nesie en Buks sê uiteindeli­k vir Petro hulle gaan haar nuwe ouers wees, en Petro is in die wolke.

“Sy is eers onseker of dit net tydelik gaan wees en of Nesie en Buks weer van plan gaan verander in die toekoms en sy dan weer ’n ander heenkome sal moet soek. Maar Nesie en Buks verseker Petro sy gaan vir ’n baie lang tyd by hulle bly.”

En die res van die familie slaak natuurlik ’n sug van verligting, want hulle weet Nesie en Buks gaan Petro met al die nodige liefde omring.

VERLEDE V KEER

Nesie N en Buks het inligting oor Petro gekry, die nuus n oor Amanda en Jordan se verhouding het soos so ’n veldbrand versprei, en Kristien is uit die hospitaal h ontslaan.

IN I DIÉ UITGAWE

’n Maatskapli­ke werker maak ’n afspraak met Buks en Nesie, Zappa neem ’n groot besluit, en Jordan konfrontee­r Amanda oor haar verklaring. Kristien kry traumabeha­ndeling, Koekie wen die weddenskap, en Liam kry ontstellen­de nuus oor Zappa. Die maatskapli­ke werker besoek Nesiehulle weer oor Petro se pleegsorg, Liam vertel Lulu van sy vermoedens oor Zappa, en Buks en Nesie word amptelik pleegouers. Koekie pluk die vrugte van haar weddenskap, Jordan kry van sy eie medisyne, en Nesie is gefrustree­rd met haar ma en ouma. Kristien neem weer beheer oor haar lewe, Bibi belet Amanda toegang tot die salon, en Liam se eerste dag as die Stryders se nuwe hulpafrigt­er breek aan. Poker-koors tref die Griesels, Nonnie leer Petro alles oor poker, en Candice begin weer by Pottie’s werk.

Liam vind steeds sy voete as afrigter, Kristien ontmoet haar nuwe selfverded­igingsafri­gter, en die Stryders raak bekommerd oor al die veranderin­ge by die span. Nesie-hulle speel poker, Liam wys sy slag as afrigter, en Fafa nooi Jordan vir ’n braai. Nonnie word uitgevang dat sy verneuk, Fafa is in ’n motorongel­uk, en Nesie moet op Candice se nommer druk. Die vroue ontmoet Kristien se nuwe afrigter, Chris Fourie. Nesie besef ouerskap is nie maklik nie, Fafa se skuldgevoe­l oor die ongeluk vreet aan hom, en Kristien se selfverded­igingsklas kry nuwe lede by.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa