TV Plus (Afrikaans)

Om ’n kind te hê . . .

’n Paartjie wil graag ’n eie kind hê, maar dis nie so maklik nie.

-

Waar die telenovell­e In Die Ysterhand Se Greep fokus op ’n baie ongewone liefdesdri­ehoek, draai die tweede Turkse telenovell­e wat nou op kykNET & kie begin, Kind Van Die Noodlot, om ’n paartjie se begeerte om ouers te word.

“Kykers gaan net so baie van hierdie reeks hou, want dit bied hulle ’n ander perspektie­f op ’n kultuur uit ’n ander land, hul tradisies en bo alles is dit heerlike ontvlugtin­g vir kykers wat vir ’n uur inskakel en die stories geniet,” sê Herschelle Benjamin, woordvoerd­er vir kykNET & kie. “Kind Van Die Noodlot en In Die Ysterhand Se Greep (meer op bl. 30) kom van Turkye, wat naas Amerika die grootste verspreide­r van TV-programme ter wêreld is. En dit sê iets oor die gehalte van hul reekse en waarna kykers kan uitsien.”

’N ALTERNATIE­WE MANIER

Die sepie begin sommer op ’n droewige noot. Defne (Begüm Kütük) en Kahraman Yorukman (Özcan Deniz) is skatryk, maar kinderloos. Asof dit nie swaar genoeg vir die paartjie is nie, verwerp hul familie hulle ook omdat Defne nog nie ’n erfgenaam kon verseker nie. Defne is desperaat en besluit om na haar skoonma Kiymet (Gül Onat) te luister en ’n surrogaat te kry om seker te maak die familienaa­m leef voort. Sy “huur” Elif (Hatice Sendil) om vir haar en Kahraman ’n kind in die wêreld te bring. Maar natuurlik, soos dit ’n goeie telenovell­e betaam, verloop dinge nie volgens plan nie. Die noodlot gryp in . . .

DIE STEMKUNSTE­NAARS

Bernice du Toit (Riekie in die komedieree­ks Orkney Snork Nie) speel Defne wat Kahraman met haar hele hart liefhet. Haar onvermoë om kinders te hê knou haar selfbeeld en sy begin ook in alles en almal twyfel. Danielle Retief (Shakira Haasbroek in die komedieree­ks Poena) speel Elif. Sy kom uit ’n baie arm familie en droom daarvan om ’n nuwe lewe te begin waar sy nie snags honger hoef te gaan slaap nie.

Anton Schmidt (wyle Brett Adler in die sepie Binnelande­rs (lees meer op ble. 26, 27 en 47) is die stem agter Kahraman. Sy familie se nalatenska­p rus op sy skouers en hy voel ook verplig om ’n erfgenaam te kry.

Vinette Ebrahim (Charmaine Meintjies in die sepie 7de Laan, lees meer op bl. 29) is Kahraman se ma, Kiymet, en wil net die beste vir haar familie hê, daarom ondersteun sy Defne se soeke na ’n surrogaat. Maar vir hoe lank?

WAAROOR GAAN DIT?

Kiymet sal enigiets doen om te verseker haar oudste seun het ’n erfgenaam. Elif stem in om ’n surrogaatm­oeder vir die ryk paartjie te wees, maar binnekort ontwikkel daar ’n hewige stryd.

IN DIE UITGAWE

Die Yorukan-familiebat­on word aan Kahraman oorhandig tot sy broer Yakup se ontstelten­is wat beslis nie dinge net daar gaan los nie, Defne sukkel om te aanvaar sy sal nooit swanger kan wees nie, en Durmus is woedend wanneer Elif weier om met Maksut te trou, wat tot ’n tragedie lei. Defne besluit om Emine se raad te volg en haar skoonma te vertrou, Elif kry ontstellen­de nuus en is kniediep in ’n finansiële penarie, en later help een van die Yorukhan-familieled­e haar uit ’n dilemma.

Elif en haar suster, Nazli, besoek hul ma in die tronk, Elif word flou en Melek roep Kiymet om haar te kom haal, en Elif vind uit sy is swanger en word na ’n veilige huis geneem.

Maksut en Veysel hou Elif fyn dop en wag tot dagbreek om haar te ontvoer, en Kahraman vind uit waar Elif aangehou word en red haar. Maksut betrap Kahraman en hou hom met ’n vuurwapen aan, maar Elif stap voor die vuurwapen in wat Maksut keer om ’n skoot te vuur, en Kahraman neem Elif na sy familiehui­s waar sy goed bewaak kan word.

’n Onwelkome “spook” uit die verlede daag op, Yakut en Ziya beraam planne om van die ongewenste besoeker ontslae te raak, en Defne is glad nie gelukkig oor Elif wat in die huis woon nie.

 ?? ?? Kahraman (middel) en die twee vroue in sy lewe, Defne (regs) met wie hy getroud is, en hul surrogaat Elif (links).
Kahraman (middel) en die twee vroue in sy lewe, Defne (regs) met wie hy getroud is, en hul surrogaat Elif (links).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa