TV Plus (Afrikaans)

Desert Rose

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:30 Drama

Dit is nie altyd maklik om die middelkind te wees nie, maar die teendeel is waar vir Jana Greyling (Amalia Uys, Jo in die Afrikaanse aksiereeks Die Byl) in M-Net se nuutste oorspronkl­ike dramareeks Desert Rose. “Jana het ’n hegte band met haar broers en susters. Sy is liefdevol, maar het ook liefde nodig, wat sy op al die verkeerde plekke kry,” sê Amalia.

Ná die dood van haar suster Rosie (Tinarie van

Wyk-Loots, Catherine in die komedieree­ks Troukoors, lees meer op bl. 20) in episode 1 (ook beskikbaar op DStv Catch Up), is Jana nou vir haar sibbe verantwoor­delik. “Sy is ernstig daaroor, en selfs wanneer hul vervreemde pa, Freddy (Neil Sandilands, genl. Abbot in Netflix se fantasiere­eks Sweet Tooth) terugkeer, gaan sy hom nie toelaat om oor te neem nadat hy hulle verlaat het nie. Jana vertrou hom nie en of sy ooit sal, sal ons moet sien, want hulle is nog nie buite gevaar nie nie,” vertel Amalia.

Daardie gevaar is die genadelose Eugene van As (Ben Voss, Geoff in die 2017-dramafliek Beyond The River) by wie die Greylings diep in die skuld is, en Eugene kom betaling opeis – op enige manier. Jana is deeglik bewus daarvan, dus moet sy haar gesin beskerm, selfs al moet sy haar seksualite­it gebruik. “Jana is seksueel bevry en gebruik dit as ’n wapen wanneer nodig,” verduideli­k Amalia. “Daar is naaktonele. maar ek wil nie hê kykers moet dink, ‘O, Amalia is naak’ nie. Ek vertolk ’n rol en dit is deel daarvan. Ek sou dit nie gedoen het indien ek nie gemaklik was daarmee nie. Die produksies­pan het dit uiters profession­eel hanteer. Kykers sal die reeks geniet.” • Lees meer op ble. 12 en 13.

 ?? ?? Amalia Uys loop risiko’s in haar rol as Jana Greyling in die plaaslike dramareeks Desert Rose.
Amalia Uys loop risiko’s in haar rol as Jana Greyling in die plaaslike dramareeks Desert Rose.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa