TV Plus (Afrikaans)

MARIE OOR ALLES

-

Wat ek nie verstaan nie. In Desert Rose is al die spelers Afrikaans, nou hoekom moet dit Engels wees? Hoekom sit hulle nie Afrilaanan­der [stet]. Ag ons is ook al moeg om te kyk hoe hulle flieks in die ou dae gemaak het.

Genade, hoekom moet ons so lank na Gaby en Uys kyk? Hy is maar slordig vir ’n dokter. Hul verhouding is nou afgesaag. Mientjie en Wilhelmina kan gerus ook af. Hulle maak die aakligste kosse. Meelwurms, hoe aaklig. Corli Botha van Ontbytsake moet gaan leer kos maak. – MARIE, PER SMS

Liewe Marie, ek het so geglimlag vir jou SMS’e die afgelope ruk. Ek lees hulle almal, al plaas ons nie alles nie. Jy noem in een hoe mooi Woestynroo­s sou geklink het. En ja, dis ’n pragtige titel. Indien dit net in Afrikaans was, sou baie minder mense die reeks kyk. Dit gaan maar oor skaal en wat die beste produksiew­aarde gaan gee. En natuurlik die potensiaal om dit aan oorsese kanale te verskaf. Ons het darem lekker reekse wat nou weer op kykNET gaan begin, soos die nuwe Spoorloos: Die Eiland (lees meer op ble. 16 en 17).

Jy noem ook van die herhalings op Sondae en meer onderskrif­te by reekse. Ek wens dit was so maklik. Ek bring wel die gekla oor herhalings onder die kanaalhoof­de se aandag. En jammer jy geniet nie Virseker en Outsurance se advertensi­es nie. Ek is altyd dankbaar wanneer daar wel Afrikaanse advertensi­es is.

O ja, en oor Pak Weg, Pak Reg – dit inspireer my elke keer so ek wens ek kon dit self doen. Daar is mense soos ek wat nie ons eie huise kan regpak nie, want ek is net te oorweldig en onkreatief om dit te doen. Ek het al tot die span by Pak Weg, Pak Reg genader om te hoor wat dit sou kos vir iemand van hul span om my studeerkam­er en die kinders se kamers reg te ruk, want ek kry dit nie reg en mooi nie. So daar is ’n teikenmark. Dalk moet jy my huis kom regpak as jy kans sien!

Ek dink Gaby (Maude Sandham) en Uys (Gerald Steyn) in Binnelande­rs het ’n mooi verhouding, maar ek neem aan jy gaan nou ook nie hou van die storielyn op bl. 29 oor haar vreemde siekte nie.

Ai Marie, ek wonder of enige kok op TV goed genoeg is vir jou. Ek dink jy moet vir my kom kook terwyl jy my huis regruk! NS. Bedoel jy dalk Minki se resepte?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa