TV Plus (Afrikaans)

Uit Die Slaapkamer

Seisoen 1 VIA (*147) 21:00 Geselsprog­ram

-

Adri Vivier lyk sommer interessan­t. Haar kleurryke uitrusting­s en haartooise­ls vang dadelik jou oog, maar dis wanneer jy met haar gesels en haar borrelende persoonlik­heid na vore kom, wat sy ’n blywende indruk maak. Sy is ’n paneellid in die geselsprog­ram oor seksuele gesondheid Uit Die Slaapkamer en haar bydraes bied ’n vars perspektie­f op veral hoe die ouer geslag seks beskou. “Seks is nie deel van my gewone praatjies nie,” erken Adri. “Maar toe ek vir die reeks genader is, kon ek eenvoudig nie nee sê nie, want dit was ’n kans om my kennis oor die onderwerp te verbreed.

“Interessan­thede, soos om hulp by ’n fisioterap­eut te kry om jou sekslewe te verbeter, is iets wat my heeltemal verbaas het. Dr. Elna Rudolph (hoofaanbie­der en seksuoloog) se kennis strek wyd en ek was verstom toe sy ons in een van die episodes vertel afhangende van jou probleem kan gespesiali­seerde fisioterap­eute jou met oefening daarmee help, dus is medikasie nie altyd nodig nie.”

In ’n ander segment van die reeks waarin vrae van die publiek bespreek word, het Adri soms erg gebloos. “Ek onthou toe ons oor seksspeelg­oed (episode 6, 10 Aug.) gesels het, was ek aanvanklik verward, want ek ken nie die name van die speelgoed nie, en nadat dit aan my verduideli­k is, was my wange bloedrooi,” onthou Adri.

Adri is ’n onderwyser­es en aktrise. En haar dogters,

Trix Vivier (Petra in die telenovell­e Legacy, lees meer op bl. 36) en Lea Vivier (Lilani in die dramareeks Fynskrif) het in haar dramavoets­pore gevolg. “My dogters was ondersteun­end toe hulle hoor ek is deel van die reeks en het gesê hulle gaan inskakel om te sien wat hulle kan leer.”

 ?? ?? Adri Vivier sit haar bril mooi op haar neus wanneer oor intieme sake gepraat word.
Adri Vivier sit haar bril mooi op haar neus wanneer oor intieme sake gepraat word.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa