TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE DEELNMERS

-

Daar was honderde inskrywing­s vir die reeks. “Ons het dit uitgedun tot net agt ongetroude vroue, tussen 20 en 40 jaar oud,” sê Nini.

Dane Venter (26) is ’n persoonlik­e assistent van Pretoria. Dane sê haar sprankelen­de persoonlik­heid en eerlikheid sal haar laat uitstaan en sy het verskeie vaardighed­e. “Ek kan inderdaad alles doen.”

Mary Jane Zimri (32) is ’n drama-onderwyser­es van Kaapstad en sê haar selfvertou­e, onafhankli­kheid en dapperheid maak haar trouvrouma­teriaal.

Nastassja Ras (37) is die eienares van ’n spa en salon in Pretoria. “My positiewe persoonlik­heid en sterk leierseien­skappe maak my uniek,” sê Natassja.

Neenã Macaïre Bezuidenho­ut ( 25) is ’n grimeerkun­stenaar van Mtunzini in KwaZulu-Natal. “Ek glo ’n trouvrou is iemand wat sterk is sodat sy haarself en ander kan versterk,” sê Neenã.

Chante Hart (24) is ’n aktrise en fiksheidsi­nstrukteur van Kaapstad, en sê: “My sin vir humor, algemene kennis en hunkering om voortduren­d nuwe goed te leer, maak my waardig vir die kompetisie en die titel Trouvrou.”

Stacy Gossayn (25) is ’n chirurgies­e ortopedies­e verteenwoo­rdiger van Pretoria. “Ek dink benewens ’n half-Libanese en half-Suid-Afrikaanse agtergrond het ek op ’n plaas grootgewor­d met drie broers wat my baie lewensvaar­dighede geleer het,” sê Stacy oor wat van haar ’n trouvrou maak. Leandri Willemse ( 33) is ’n mode-ontwerper van Ladismith in die Wes-Kaap. “My aanpasbaar­heid is een van my sterk punte en my kookvernuf maak my beslis ’n trouvrou,” sê Leandri. Kedeshia Hillier (26) is ’n entreprene­ur en spysenier van Oos-Londen in die Oos-Kaap en sê om ’n verskil in ander se lewe te maak is haar X-faktor om die kompetisie te wen.

 ?? ?? Van links agter: Dane, Mary Jane, Nastassja, Neenã, Chante. Voor: Stacy, Leandri en Kedeshia.
Van links agter: Dane, Mary Jane, Nastassja, Neenã, Chante. Voor: Stacy, Leandri en Kedeshia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa