TV Plus (Afrikaans)

OE, DAAI BENE!

-

Nee wat, wat te erg is is te erg. Die aaklige bed met sy kaal bene word tot vyf keer in Binnelande­rs gewys. Dit vat die sepie oor. Dit lyk my hulle kry nie die beddens verkoop nie. Hoekom is in die ander advertensi­es nie kaal mense nie? Dit is net die aaklige kaal bene waarna ons moet kyk en nie die bed nie. Doen tog asb iets.

Vicky vat ook die sepie oor. Conrad moet oppas, ek dink daar broei iets tussen Steve en

Tracy. – MARIE,

PER SMS

Lucia, jy wil weet wat ek teen die kaal bene het? Ek is al so moeg vir die bed ek dink hulle kry hom

nie verkoop nie. As hy so wonderlik is, hoekom vervang hulle hom nie in Binnelande­rs se hospitaal nie? In Binnelande­rs word hy tot vyf keer gewys. Ons kyk meer bed en bene as die sepie. Tot in die winter moes ons na die kaal bene kyk. Hoekom word die tvplus al dunner? Vicky vat ook nou die sepie oor. Sy is te groot vir x haar skoene. Steve met sy Babyshoes.

x – MARIE, PER SMS

Nee Lucia, niks teen kaal bene nie, maar teen die vaskyk al vir jare teen dieselfde advertensi­e, eentonig verby. Hulle wil nie eens vir jou ’n prys oor die foon gee nie. Groete. – INA, PER SMS

Liewe Marie en Ina, julle is nie alleen met julle klagtes oor die bed nie, en ek sal kykNET weer laat weet daar word so gekla oor die advertensi­e. Klink my soos julle verduideli­k, is dit meer die eentonighe­id daarvan as die advertensi­e self. Ek dink wel hulle moes baie bestee om soveel advertensi­es te kan uitsaai en dit kan net help met DStv se koste. Dit is inderdaad sleg dat hulle nie die prys van die bed telefonies wil gee nie – ek het ook al gewonder hoeveel kos so ’n gemaklike lêding.

En Marie, tvplus is tans 4 bladsye minder as wat dit was. Dis vir my baie hartseer, maar dit is die mees ekonomiese manier om die tydskrif te druk sonder om binnekort weer ’n prysverhog­ing te hê. Ons probeer nou nog harder om mooi te kies watter stories ons plaas en seker te maak daar is iets vir almal. Persoonlik het ek al gewonder of ons nie van die TV-gidse moet begin sny of minder maak en eerder meer artikels hê nie. Maar ek weet dan gaan ander lesers weer kla omdat hulle nie die programroo­sters kan gebruik nie.

Weet net ons doen ons bes om die heel beste produk op die rak te kry.

 ?? ?? Binnelande­rs se Conrad.
Binnelande­rs se Conrad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa