TV Plus (Afrikaans)

Chaos in die Kosterhuis

Andries is skoonveld met baba Amalia . . .

-

“Nooit in haar wildste drome het sy gedink dit sal gebeur nie,” sê die aktrise Odelle de Wet oor wat haar karakter Delia dink wanneer haar pa, Andries (André Odendaal), met haar babadogter, Amalia (Lily van Niekerk), verdwyn (16 Sep.). “Louis (Germandt Geldenhuys), Amalia se pa, se woorde klink in haar ore, want hy was erg daarteen gekant dat Amalia alleen by Andries gelaat word, maar Delia het gedink alles sal fine wees, want Rita (Ilana Cilliers), sy versorger is daar, en boonop bly hulle in die Kosterhuis waar daar ook ander oë is.” Maar die ergste het nou gebeur en al lyk dit asof Andries die skuldige is, sit iemand anders agter die hele storie en dis niemand anders nie as die sluwe Jonas (Jacques Gombault)!

HOE NOU?

Jonas het sy mes in vir die Kosters. En toe hy vroeër in September uitvind sy eksmeisie Rita, Andries se versorger, bly onder die Kosters se dak terwyl sy omsien na Andries, wat kankerbeha­ndeling by Binneland kry en aan dissosiati­ewe identiteit­sversteuri­ng ly, het hy sy geleenthei­d gesien om hulle te laat sweet . . . Rita het alles probeer om Jonas se wraakplann­e teen die Kosters te keer, maar Jonas wou niks weet nie. Rita het Andries en sy alter ego’s gemanipule­er om Andries te laat glo hy moet Amalia ontvoer na ’n plek van veiligheid.

DRASTIESE STAPPE

Jonas sluit vir Andries en Amalia in die huis toe en maak dit duidelik hy is nou in beheer. Louis is buite homself van woede en bekommerni­s wanneer hy uitvind Andries en Amalia is skoonveld.

“Hy is briesend vir Delia, want sy het aanvanklik stilgebly oor die situasie, en boonop vind hulle uit Jonas sit agter alles wanneer hy oor ’n losprys bel. Louis wil sy dogter met alle mag terughê en dit beteken hy gaan drastiese stappe doen,” verklap Germandt.

Andries begin stadig beheer verloor omdat hy nie meer sy medikasie neem nie. As gevolg daarvan, saam met al die stres, ontmoet Jonas ’n nuwe alter ego van Andries genaamd Esmé.

Intussen probeer Delia sake in haar eie hande neem en pleit by

Rita om haar te help om Amalia en Andries van Jonas terug te kry, maar Rita is onseker of sy kan help.

• Lees meer op bl. 49.

 ?? ?? Andries (links) is geskok om Jonas (regs) by die plek van veiligheid te kry.
Andries (links) is geskok om Jonas (regs) by die plek van veiligheid te kry.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa