TV Plus (Afrikaans)

Obsessiewe gedrag

Zee se eks daag op en veroorsaak groot probleme.

-

Dit was nie vir dr.

Zee (Zanel) Jordaan (Mila Guy), maklik om haar voete in die Binneland-kliniek se ongevalle-afdeling te vind nie. Sy moes telkemale haarself, asook haar vermoëns as dokter bewys, maar sy het geleidelik genoeg selfvertou­e opgebou om haar man (of dan vrou!) te staan. Maar alles waarvoor sy so hard gewerk het, word bedreig wanneer haar ekskêrel Niel Jooste (Pascual Wakefield, Henk in die komedieree­ks Troukoors) by ongevalle opgeneem word.

TWEEDE KANS

“Niel en Zee was in ’n ernstige verhouding en het vir ’n paar jaar saamgebly,” sê Pascual. “Hulle was lief vir mekaar, maar iets het skeefgeloo­p tussen hulle.” Presies wat dit was, mag Pascual nie sê nie, maar verklap: “Niel wil Zee met sy hele hart terughê en wanneer hy haar in ongevalle sien, glo hy dis sy tweede kans.”

Zee is jammer om te hoor Niel is siek – hy het flou geval by die gim en is na ongevalle gehaas. “Maar Zee kan nie weer by Niel betrokke raak nie,” sê Mila. “Nie eens as sy dokter nie.”

SKINDERSTO­RIES Liam

Dr. (David Viviers) neem Niel se versorging oor. Hy probeer vasstel wat Niel makeer. Niel jok egter oor sy mediese geskiedeni­s, maar erken wel hy neem nie tans sy hartmedika­sie nie. “Dit veroorsaak groot frustrasie vir Liam en Zee,” sê Mila. “Liam bespreek Niel se saak met Zee en sy verstaan nie hoekom hy die hartmedika­sie los nie. Niel se pa is aan ’n hartaanval oorlede en sy toestand is geneties,” sê Mila. Boonop vertel Niel die verpleegst­ers staaltjies van sy verhouding met Zee, en nou lê skindersto­ries die gange vol.

AGGRESSIE

Later vra die paramediku­s Danny (Bradley Olivier), Zee se vriend, haar reguit wat presies tussen haar en Niel gebeur het. “Zee verklap nie veel nie, maar erken Niel was nie altyd so obsessief oor oefening nie,” sê Mila.

Liam sukkel steeds om ’n diagnose vir Niel se simptome te kry, en dink eers Niel het ’n virale infeksie, maar besef dan Neil het tendonitis – ontsteking van ligamente en spiere. “Niel gebruik iets wat hom so siek maak, maar rep nie ’n woord daaroor nie,” sê Pascual. Later probeer Niel Zee oorreed om hulle weer ’n kans te gee, maar Zee laat hom verstaan daar is geen manier dat sy weer met hom ’n verhouding sal aanknoop nie. “Niel raak aggressief tydens die gesprek,” sê Pascual. En Niel gaan Zee duidelik nie so maklik net los nie.

VERLEDE KEER

Conrad en Louis was woedend toe hulle Rita in die Kosterhuis sien en besef sy is Andries se versorger, en Tracy en Conrad het verby mekaar begin leef.

IN DIÉ UITGAWE

Conrad erken sy hulpeloosh­eid aan Tracy, Gaby hoor verskillen­de weergawes van dieselfde gebeurteni­s, en Zee is geskok oor wat sy by Niel hoor. Louis se rit word onderbreek deur ’n oproep, die oorsaak van Niel se pyn is ’n raaisel, en Annelize se rekenaarpr­obleme dwing haar om hulp te vra. Danny en Chanel het ’n meningsver­skil oor Niel, Delia draai nie doekies om nie, en Gaby ver tel Karen hoe sy werklik voel. Conrad kry ’n laaste waarskuwin­g, Liam maak ’n indruk op sy kollegas, en Tracy is ongelukkig wanneer sy onverwags by ’n situasie inloop. Liam begin dink sy besluit was ’n fout, Conrad en Steve is bekommerd oor Annelize, en Zee en Liam wonder oor die gerugte wat die ronde doen.

Chanel en Danny het ’n uit val oor ’n dokter, Dawid het net een doel, en Conrad wil nie Jacques se hulp met sy probleem hê nie. Liam lees vir Niel die leviete voor, Louis is ontsteld oor Delia se daad, en Delia bespreek haar probleme met Conrad. Zee begin wonder oor Danny se teorie, Jeremy is vuur en vlam om te begin, en ’n gesprek oor ’n telefoonop­roep laat iemand rooi sien. Conrad en Annelize wonder hoe hulle Rita saam met hulle kan laat werk, Niel verloor kop, en Tracy en Conrad baklei weer.

• Lees meer op bl. 49.

 ?? ?? Danny (regs) vertrou nie vir Niel (links) en die stories wat hy hoor van Niel en Zee nie.
Danny (regs) vertrou nie vir Niel (links) en die stories wat hy hoor van Niel en Zee nie.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa