TV Plus (Afrikaans)

Wyser Tiaan is terug

Toentertyd se pierewaaie­r deel nou raad uit vir Hillsiders.

-

Nadat hy byna 17 jaar weg was uit die sepie is Frank Rautenbach heeltyds terug as Tiaan in 7de Laan, en dit lyk asof hy gegroei het van die vatterige vrygesel tot ’n wyse man by wie talle Hillsiders kom raad soek.

“Om terug te wees voel anders, want ek was daar toe die program in 2000 begin het, toe is ek in 2005 weg na Amerika. Destyds was 7de Laan nie so groot soos nou nie. Tiaan het toe sy eie gesinnetji­e gehad en ons was net ’n klein span. Dis nou egter heeltemal anders, maar ook opwindend vir my om al dié wonderlike nuwe akteurs en span te ervaar. Dis fantasties,” sê Frank.

“Tiaan was een van die eerste karakters aan wie ek lewe gegee het in my akteursloo­pbaan, en hy is altyd so ’n prettige karakter om te speel. Hy is dus nou terug, ouer en wyser, jy kan jou indink hoeveel meer opwindend hy vir my is. Veral ná al my verskillen­de ervarings terwyl ek oorsee was,” voeg hy by.

DIE LEWE IN LA

Terwyl hy in Amerika was (en soms hier in Suid-Afrika) het Frank in flieks soos Faith Like Potatoes (2006), The Bang Bang Club (2010), The FilmMaker’s Son (2013), en die biografies­e fliek Hansie: A True Story (2008) gespeel.

Maar omdat die lewe wipplankry, het Frank ook vir drie jaar as ’n taxibestuu­rder en daarna vir twee jaar as ’n opsigter by sy kerk gewerk.

“Ek het ’n kontrak onderteken met ’n groot Hollywood-agentskap, en het oudisies gehad vir al die groot rolle, maar ek kon niks losslaan nie. In ’n stadium het ek byna toneelspel opgegee. As iemand wat kreatief is, was dit ook een van my laagste punte, maar ook die beste ding wat met my gebeur het, want dit het my perspektie­f gegee en ruimte om alle versigtigh­eid oorboord te gooi,” erken Frank.

Hy het na ’n goeie dramaskool in LA gegaan en nie gesê hy is ’n akteur nie. “Ek het gedink indien ek uitstaan, sal ek weet dis regtig vir my. En ek het,” sê hy en lag. “Hulle het my teruggenoo­i na die skool, en dit was eintlik snaaks – hulle het gesê ek kon werklik ’n loopbaan hiervan maak, en ‘waarom volg jy dit nie, dink jou vrou (Leigh Rautenbach) nie jy kan ’n loopbaan hiervan maak nie?’, wat ek snaaks gevind het.

�Dít was ’n duidelike teken vir my. Ek het selfs ’n boek geskryf oor my tyd daar. Dis waar ek my stem gevind het. In toneelspel moet jy ’n kenmerkend­e voorkoms en talent hê, maar buiten dit is jou eie stem iets wat jou altyd sal laat uitstaan, en dit kom met teëspoed, mislukking en ’n gesukkel,” sê hy.

 ?? ?? Tiaan (links), wat in sy jeug ’n moeilikhei­dmaker was, is nou volwasse en het raad vir sukkelende Hillsiders soos Tanya (regs).
Tiaan (links), wat in sy jeug ’n moeilikhei­dmaker was, is nou volwasse en het raad vir sukkelende Hillsiders soos Tanya (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa