Weg! Platteland

Op gister se spoor

Matroosber­gstasie was 25 jaar gelede ’n bedrywige plek, maar vandag lê die spoorweghu­isies grafstil tussen die klossies bloekombom­e – dis nou tot Vrydae wanneer Debbie Loots en haar man uitwyk na hulle naweekhuis wat hulle saam met drie ander gesinne op

- DEBBIE LOOTS

Dis ’n salige soort heimwee wat ’n mens oorval wanneer jy die fliek Bagdad Café kyk, of langs die R62 op die stoep van Ronnie’s Sex Shop gaan sit en uittuur oor die veld wat in die hitte van die son teen die Karoorantj­ies bewe.

Dieselfde gevoel kry jou beet as jy die eerste keer op Matroosber­gstasie rondstap, ’n spoorwegsp­ookdorpie in ’n afgeleë vallei op die Montagupad tussen Worcester en Touwsrivie­r in die Wes-kaap.

Dis hier waar stoomtrein­e se trokke eens op ’n tyd in die rangeerwer­f aanen afgehaak is. Waar lokomotiew­e gedraai is voordat hulle die steil Hexrivierp­as Kaap toe of die spoor Noorde toe aangepak het. ’n Kwarteeu gelede was Matroosber­gstasie ’n woelige plek, maar vandag lê die grootste deel van die “dorpie” verlate aan die een kant van die treinspoor, met ’n ry eenvoudige spoorweghu­isies wat aan die ander kant styf teen mekaar ingeryg staan.

Hulle lyk amper soos verkeerdek­ant-van-die-spoor-huisies. Party is afgeleef; sommige is van sink, ander van baksteen; ’n paar is groter met ’n aangeboude stoep; en iedereen spog met ’n skoorsteen.

Dié huise word op langtermyn ver-

huur deur die eienaar van die stasie, Dawie du Preez, ’n ontwikkela­ar van die Paarl.

Vriende van my en my man, Sirk, het ons een aand van die huise vertel en ons genooi om saam met hulle en twee ander gesinne een te huur. Dit was ’n aanloklike aanbod: Wie droom dan nié van ’n wegbreekpl­ek op die platteland nie? En, nóg beter: Jy hoef nie ’n paar honderddui­send rand uit te haal om een te koop nie.

Min het ons geweet hoe halsoorkop ons verlief sou raak op ’n ou stasie. Jy kan dit nie verhelp nie. Jy word deur iets anders meegevoer as jy op Matroosber­gstasie rondloop, veral in die dorpiedeel, verby die ou Victoriaan­se huisies wat tot onlangs toe nog as korttermyn­verblyf gebruik is, die vorstelike klipgebou langs die spoorlyn, ’n geskiedkun­dige rooi sinkgebou en drie enorme palmbome in ’n ry langs ’n swembad. Dit lyk nes ’n verlate vakansieoo­rd wat wag om sy gloriedae te herleef.

’n Ent verder staan ’n leë skoolgebou en weerstasie, en tussen die bloekombom­e deur steek die vaal Karoolands­kap af teen die vlieswolki­es in die ysblou lug. Die hoë pieke van die Matroosber­g glim in die verte, dik van die sneeu, somer en winter. En dis goed vir die Hexrivierv­allei se druiweboer­e, want die sneeu sorg dat daar heeljaar ondergrond­se water is.

As jy vir ’n naweek wil gaan kuier in “jou” naweekhuis, moet jy vooraf planne maak. Elke gesin kry een keer per maand ’n beurt en almal moet ooreenstem oor tye en datums.

Die huisies het gas, maar nie elektrisit­eit nie; dus is daar grootskaal­se kersopsitt­ery as die son sak. Jy moet jou eie drinkwater bring omdat die water hier brak 02.55 is, plus10 Kilometers­baie hout – vir die kaggel of die buitebraai onder die sterre. En >

papierbord­e, want wie wil sukkel met skottelgoe­d in sagte kerslig?

Ons huisie is meestal gemeubilee­r met die ander gesinne se oorskietme­ubels en ou gordyne. Daar is beige volvloerma­tte, want in die winter raak dit baie koud. Maar steek ’n bietjie die kaggel aan en jy wil nêrens elders ter wêreld wees nie.

Ons eerste naweek op Matroosber­gstasie was soos ’n tweede wittebrood. Ons sien skaars vir Abraham Amsterdam en sy vrou, Elizabeth, wat jare al die stasie vir Dawie oppas en seker maak alles loop reg as daar besoekers is. Maar selfs al is daar mense, hoor jy net die geritsel van die wind deur die blare van ou bloekombom­e.

Tot iemand op ’n dag in ’n groot bakkie voor een van die ou Victoriaan­se huisies stilhou.

“Ek is June Fourie,” sê die vrou toe sy uitklim en hand skud. “Ek het as kind op Matroosber­gstasie gebly, meer as vyftig jaar gelede.” Sy kyk na die man wat langs haar kom staan het.

“Ek en my man, Willem, het kom reël om my verjaardag te hou in die huis waar ons destyds gebly het.” Sy wys na die huisie met sy mooi broekiekan­tstoep. “My pa was destyds die stasiemees­ter hier.”

Abraham kom aangedraf, sê: “Middag, Mevrou, ek gaan haal gou die sleutels.”

June wys na die ou klipgebou langs die spoor wat deesdae ’n restaurant is – mits ’n mens vooraf reël.

“Daardie was die kaartjiesk­antoor, die wagkamer en sjinjaalka­mer,” vertel sy. Vandag trek ’n trekkertre­in – ’n klassieke 1964 Fordson Dexta-trekker (35 Pk.) – twee trokke teen die treinspoor op, van De Doorns af tot by Matroosber­gstasie. Dit loop deur ’n natuurbewa­ringsgebie­d en hou gereeld langs die pad stil vir die mooi plantegroe­i en die 1902-graffiti van die Britse soldate. By Tonnelstas­ie hou ’n mens piekniek en dan is dit terug De Doorns toe as jy nie Matroosber­gstasie toe wil ry nie.

Jy kan ook die gebied op ’n bergfiets verken: Ry die Twee Tonnel-bergfietsr­oete al langs die spoorlyn deur die pragtige Hexrivierv­allei ( jy hou ook piekniek by Tonnelstas­ie), óf die langer roete wat ’n besoek aan die Kaffrarian Rifles-monument insluit. Vir ernstiger bergfietsr­yers is daar die Hex Valley Autumn Splendour-resies (die langer roete gaan verby Matroosber­gstasie).

Kontak

083 292 0348 impangelem­ountainlod­ge.co.za “Ek was toe in st. 3, en ek en my suster het sommer op enige trein gespring wat op die stasie gestop het om by die skool op De Doorns uit te kom. Dit was bitterlik koud in die winter as dit gesneeu het, en hulle het elke dag in die wagkamer se kaggel vuurgemaak.”

Die rooi sinkgebou aan die oorkant wat vandag die kroeg is, was vroeër die goedereloo­ds. “Dis waarheen die boere hulle appels, wol en koring gebring het om op die trein te laai Kaap toe,” sê June. “Hulle het gereeld lemoene voor ons

‘Jy moet jou eie drinkwater bring omdat die water hier brak is, plus baie hout. En papierbord­e, want wie wil sukkel met skottelgoe­d in sagte kerslig?’

agterdeur gelos. Daai dae was die trokke nog oop; ’n mens kon die kleure van die hope vrugte van ver af al sien aankom.”

En wat van die huise aan die ander kant van die spoor, waar ons s’n is?

“Dis waar die werkers gebly het wat die spoorlyn in stand moes hou,” sê sy.

Abraham kom aan met die sleutels, sluit oop en June stap in om vir my haar ou kamer te gaan wys. Die huis is pragtig gemeubilee­r, nes die ander huise aan dié kant van die spoor, met antieke banke, riempiesto­ele, ou katels en hangkaste. En daar is elektrisit­eit. Lieflike wegbreekpl­ekke vir moeë stadsmense.

Maar Dawie het nuwe planne vir Matroosber­gstasie, vind ek uit toe ek hom en sy verloofde, Elzed Adlam, ’n ander naweek daar raakloop. “Ons

DIE TRAGEDIE VAN DIE WEGHOLTREI­N

Teen ’n helling ’n paar kilometer onder die bopunt van die Hexrivierp­as is ’n klipgedenk­naald met die name van die nege soldate van die Kaffrarian Rifles wat gesterf het die nag van 26 September 1914 toe hulle trein van die spoor af gerol het.

Die regiment was op pad Kaapstad toe om van daar af na die destydse SuidwesAfr­ika te seil waar hulle teen die Duitsers sou gaan veg. ’n Onbevestig­de storie is dat die bestuurder gespog het oor hoe vinnig hy die trein deur die Hexrivierp­as kan laat ry. Volgens ’n ander bron het die remme ingegee. Hoe ook al, van die 1 000 vrywillige­rsoldate is 9 dood en 102 beseer.

In September 2014 is die 100-jarige herdenking van die tragedie daar gehou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa